Ek Bid Vir My HuwelikVoorbeeld

Ek Bid Vir My Huwelik

DAG 1 VAN 5

Bid dat die “e”-woord nooit ’n opsie sal wees nie

Here, ek bid dat U my en my man (vrou) sal help om ons te weerhou van enige gedagte aan egskeiding as ’n oplossing vir probleme in ons huwelik. Hou ons harte so naby aan U en aan mekaar dat ons nooit eens die "e"-woord sal gebruik nie. Help ons om altyd met liefde en respek teenoor mekaar op te tree (Romeine 12:10).

Wys ons waar ons dinge doen wat ons huwelik afbreek in plaas daarvan om dit op te bou. Leer ons albei om sterker te groei in U sodat ons mekaar sal behandel soos U dit wil hê. Gee dat ons altyd in elke situasie saam sal sterk staan.

Ek bid dit in Jesus se Naam.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Ek Bid Vir My Huwelik

Of jy jou huwelik wil beskerm teen dié dinge wat dit kan beskadig of vernietig en of jy jou verhouding wil heelmaak en herstel waar dit beskadig of seergemaak is, hierdie gebede is vir jou. As jy nie moed opgee nie, kan jou gelowige gebede jou huwelik versterk sodat dit ’n leeftyd sal hou. Hierdie 5 gebede deur Stormie Omartian kom uit KRAGTIGE GEBEDE OM JOU HUWELIK TE VERRYK.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/