Praat Met God In GebedVoorbeeld
GOD VERLANG NA JOU
PRAAT MET GOD
Dank God vir al die maniere waarop Hy jou liefhet en vir jou sorg. Vra Hom om vir jou te wys hoe graag Hy wil hê dat jy elke dag met Hom moet gesels.
DOEN
Sit 'n paar glase in 'n ry langs die wasbak. Maak al die glase een-vir-een vol water. Bespreek met mekaar hoe jy elke dag al die houers in jou huis vol water kan maak en die water in die kraan sal nog steeds uitkom. Net so sal God se verlange na jou nie ophou nie.
VERSTAAN
God is te eniger tyd beskikbaar vir jou. Net soos wat jy die kraan kan oopdraai en water sal uitloop, so kan jy ook God se teenwoordigheid geniet as jy bid. Lees Jesaja 30:18: "Tog is die Here gretig om julle genadig te wees en wil Hy Hom oor julle ontferm: Die Here is 'n God wat reg laat geskied, en dit gaan goed met elkeen wat op Hom vertrou!" God wil hê dat jy nader aan Hom kom. Hy wil jou vul met Sy liefde, want Hy wil vir jou die beste gee. God werk namens jou en verlang dat jy sal reageer en wys dat jy gewillig is om jou lewe met Hom te deel. Een manier waarop jy kan reageer is om elke dag met Hom te gesels.
PRAAT MET MEKAAR
- Met wie gesels jy die heel graagste? Hoekom het jy daardie persoon gekies?
- Vertel van 'n keer toe jy bitter graag met daardie persoon wou gesels. Hoekom wou jy met die persoon gesels?
- Hoekom dink jy wil God genade aan jou bewys?

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
'n Gesin se lewe kan baie besig wees en ons maak nie altyd tyd om te bid nie—ons onthou nie eers om ons kinders te help om 'n gewoonte daarvan te maak om God deel te maak van hulle dag nie. In hierdie leesplan gaan jou gesin agterkom hoe graag God van hulle wil hoor en hoe gebed hulle verhouding met Hom en met mekaar versterk. Vir elke dag is daar 'n gebed, 'n kort Skrifgedeelte met 'n verduideliking, praktiese toepassing, asook 'n bespreking en vrae.
More
Baie dankie aan Focus on the Family wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.FocusontheFamily.com