Waarop Fokus Jy?Voorbeeld

Waarop Fokus Jy?

DAG 4 VAN 5

Fokus op groei!

In elke lewende organisme moet daar groei wees. As iets nie groei nie, stagneer dit, en wanneer iets stagneer, is dood gewoonlik nie ver agter nie. Wanneer dit by geestelike groei kom is dit ook nie anders nie. In Johannes 15 lees ons dat geestelike groei vir Jesus iets is wat besondere waarde het.

Geestelike groei het ook 'n besondere kenmerk: Dit is die produk van ons verhouding met Jesus. Hy vergelyk Homself met 'n druiwestok, en ons is die lote. Dan sê Hy hierdie treffende woorde: "'n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra nie ..."

Jesus wil hê dat daar groei in ons lewens sal wees en dat sy karakter in elke aspek van ons lewens sal wees. Hierdie groei gebeur egter nie toevallig nie. As ons in ons geloof wil groei, is ons verhouding met Jesus die eerste plek wat gesond behoort te wees. Om in ons verhouding met Jesus te groei, moet dit vir ons van waarde wees. Ons kan so maklik besig raak met allerhande dinge dat ons verhouding met Jesus tweede viool begin speel. Vestig vandag opnuut jou aandag op dit wat werklik belangrik is — jou verhouding met God.

Jaag geestelike groei na!

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Waarop Fokus Jy?

Waarop fokus jy? Dit waarop jy jou aandag vestig, is die rigting wat jou lewe gaan. Jesus daag elkeen van ons uit om ons aandag te vestig op dit wat werklik belangrik is. "Waarop fokus jy?" is 'n 5-dag leesplan waarin ons na vyf baie belangrike aspekte kyk waarop God ons elkeen roep om op te fokus!

More

Ons wil graag Tienie van Wyngaard bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.linkedin.com/in/tienie-van-wyngaard