Die OntmoetingVoorbeeld
My gebed
My gebed is dat jou hart deur die Here aangemoedig word om ’n tyd van vas en gebed op ’n nuwe manier te benader. As jy gereed is om afleidings eenkant toe te stoot en Hom te soek met geloof en afwagting, kan ons die volgende gebed saam bid:
Vader, te midde van my hoop en drome of gevoelens van ontevredenheid en frustrasie vind ek voortdurend: my aanhoudende behoefte na U. U staan in die middel van dit alles en ek het geen begeerte vir enigiets anders nie. U is die episentrum van absolute vervulling – die fondament van my lewe. U is die een wat my gevoel van balans herstel wanneer dinge bewerig en onseker raak. U is die salwing van vrede wanneer my siel uitgemergel voel.
U het my hulpgeroep om u eiendom te word, onvoorwaardelik gehoor. Maak my siel vry van enigiets wat dit verhoed om die werklikheid van u teenwoordigheid in my lewe te ervaar. Ek wil hê U moet oor my hele lewe regeer. Stem my gees in sodat niks u stem uitdoof nie. Gebruik in u wysheid tydperke van ontevredenheid om my na die ongelooflikste deurbrake te lei wat ek ooit geken het. Laat hierdie vas my gedagtes verskuif en die web van ongesonde gedagtes ontrafel. Laat my geloof opnuut opvlam. Ek gee alles wat ek is vir U en lê alles neer wat my terughou. Ek wil ten volle by U teenwoordig wees en te alle tye in plaas daarvan om deur probleme oorweldig te word. Here, ek is gereed om in die nuwe rigting te loop wat U vir my beplan.
Ek bid dat jy die Here op nuwe en ongelooflike maniere sal ervaar.
Lees gerus The Encounter: 40 Days of Fasting with Jesus deur Gretchen Rodriguez. Die dagboek kan saam met enige lengte of tipe vas gebruik word.
Aangaande hierdie leesplan
Vas help ons geestelike lewe om vooruit te gaan en die Skrif moedig hierdie gebruik aan. Dié tyd waarin jy jou liggaam iets fisiek ontsê, bevorder jou geestelike groei en gee jou die geleentheid om Jesus se nabyheid te ervaar. In hierdie leesplan wil Gretchen Rodriguez jou help om jou hart op ’n reis te neem van heilige ontdekking terwyl jy vas en God soek.
More
Ons wil graag RightNow Media South Africa bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://broadstreetpublishing.com/the-encounter/9781424562176/