'n Bybelse Benadering Tot die Opvoeding van Jou AtleetVoorbeeld

A Biblical Approach to Parenting Your Athlete

DAG 10 VAN 12

Hoe Klink Ek vir My Kind? — (Afbreek of opbou)

OP JOU MERKE:

"Aangename woorde is heuning, soet en geneeskragtig vir die mens" (Spreuke 16:24).

GEREED: Lieflike woorde bring gesondheid mee.

Hierdie les sal ouers uitdaag om dieper te delf in die allerbelangrike onderwerp van hoe jou woorde vir jou atletiese kind klink.

Een groot voordeel van die beoefening van georganiseerde jeug sport is dat jou kind sal leer om uitgedaag te word — die Bybel noem dit 'n "aanmoediging" — om 'n weg te volg wat hulle normaalweg nie self sou wou volg nie. Ja, jou kind sal deur sy afrigter, spanmaats en teenstanders gedruk en gevorm word. Maar as jou kind soos die meeste kinders is, sal hulle nie deur hulle ma of pa gedruk of vermaan wil word nie. Dit plaas die atleet se ouer in 'n moeilike situasie wat baie wysheid en geduld verg.

Een van my dogters het elke greintjie aggressie en inspanning gesit in elke sportsoort waaraan sy deelgeneem het. Iets binne-in haar het hierdie "uiterste" poging veroorsaak — sy is daarmee gebore. Maar ten spyte van hierdie intensiteit was daar 'n sensitiwiteit in haar gees. Dit het beteken dat ek baie versigtig moes wees wat ek oor haar vertoning gesê het en sensitief vir hoe sy dit mag interpreteer. 'n Neweproduk van hierdie manier van speel was dat sy meer druk op haarself geplaas het as die meeste van haar spanmaats. Die laaste ding wat sy nodig gehad het, was dat haar pa ekstra druk op haar plaas. Sy het bevestiging en liefde van haar pa nodig gehad.

Party kinders sal ekstra aanmoediging in hulle sport nodig hê om hulle te help om hul eie gebrek aan inspanning of motivering te oorkom. Ander daarenteen het dalk net 'n woord van aanmoediging nodig om te verhoed dat hulle swig voor die selfopgelegde druk waarmee hulle so natuurlik sukkel.

Hier is 'n paar wenke wat jy moet oordink voordat jy God vra om jou te help om die Skrifgedeeltes toe te pas.

1. Voordat jy iets vir jou atletiese kind sê oor sy of haar prestasie, moet jy aan sy of haar hart dink. Harde woorde oor prestasie vind gewoonlik hul weg na die hart.

2. Vra jou af: "Sal my woorde hulle opbou of afbreek?"

3. Wat is op die lange duur vir jou kind die belangrikste? Dat hulle beïndruk is met jou kennis van sport of dat hulle veiligheid vind in die wete dat jy vir hulle omgee en hulle liefhet?

OEFENING: Bybelbespreking

Jakobus 3:5-6

Romeine 14:19

Spreuke 12:18

1 Tessalonisense 5:11

GAAN:

1. Wat leer jy oor die tong uit die Bybelverse wat aangehaal word?

2. Hoe kan hierdie verse jou help om jou kind beter op te bou terwyl hy aan sport deelneem?

3. Wat is die belangrikste les wat jy uit hierdie les geleer het?

OORTYD: Oefensessie

1. Bespreek met jou huweliksmaat of hulle gehoor het dat jy woorde gebruik wat jou kind eerder kan afbreek as opbou.

2. Vra vir jou kind of jy woorde gebruik het wat hom of haar afgekraak laat voel het, eerder as opgebou. Verseker jou kind dat jy God sal vra om jou te help om jou woorde beter te gebruik.

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

A Biblical Approach to Parenting Your Athlete

Het jy al ooit ná 'n wedstryd met jou kind of huweliksmaat gestry? Wou jy al ooit jou kind se afrigter konfronteer? Het jeugsport julle gesinslewe heeltemal oorgeneem? As jy al soortgelyke ervarings gehad het, dan is hierdie 12-dag leesplan vir jou. Deur middel van getuienisse van atlete, afrigters en ouers, sowel as die waarheid aangehaal uit relevante tekste, sal jy sien hoe jy, as 'n ouer van 'n jong atleet, die Woord van God kan toepas.

More

Baie dankie aan FCA wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://fcaresources.com