5 Mini-oordenkings vir kindersVoorbeeld
Weet wat jy regtig nodig het
Soms is jy bekommerd of word jy omgekrap of gefrustreerd omdat dinge nie uitwerk soos jy wil hê nie. Soms is dit omdat jy nie vir My gevra het wat jy nodig het of wil hê nie.
Al weet Ek alreeds wat jy wil hê of nodig het, kom jy nader aan My en leer jy My beter ken deur met My te praat en My te vra wat jy nodig het. Deur dit te doen, versterk jy jou geloof en dít is wat jy regtig nodig het.
Hemelse Vader, herinner my om na U toe te kom wanneer ek bekommerd en omgekrap is en U te vra vir wat ek nodig het. Amen
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
God weet hoe jy voel! Hy gee regtig om vir jou! Hierdie vyf kort dagstukke is geskryf asof God direk met jóú praat. Jou verhouding met God sal elke dag verdiep wanneer jy sien hoe lief Hy vir jou is en besef dat Hy altyd by jou is.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/