Die God Wat HerstelVoorbeeld
Memoriseervers:
"Ons is immers gered, en ons het nou hierdie hoop. Wat 'n mens al sien, hoop jy tog nie meer nie. Wie hoop nog op wat hy reeds sien? Maar as ons hoop op wat ons nie sien nie, wag ons daarop met volharding."
Romeine 8:24-25
Uitdaging vir die Week:
Hierdie week dink ons na oor die gebrokenheid van die wêreld en die hoop wat ons in Christus het. Advent is bedoel om ons te herinner aan hierdie gebrokenheid en die realiteit dat ons nog wag vir volkome verlossing en om in Christus heelgemaak te word. Terwyl jy deur jou week gaan, let op dinge in jou lewe wat stukkend is. Herinner jouself aan die waarheid van God se belofte dat Hy kom en alles op sy perfekte tyd sal verlos.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Met Kersfees vier ons Christus se eerste koms, terwyl ons wag en uitsien na sy wederkoms. Ons dink aan die gebrokenheid van ons wêreld en hoe Hy herstel en heelheid gaan bring wanneer Hy kom. Ons loof Christus met vreugde omdat ons ons hoop op Hom stel. Hierdie Bybelstudie neem ons deur die Adventstyd, ‘n tydperk van wag en groot verwagting op die koms van ons ewige Koning.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans