Groter as wat ek verstaanVoorbeeld

Groter as wat ek verstaan

DAG 3 VAN 5

Een van Jesus se getrouste volgelinge was ’n man met die naam Paulus. Ons Bybelvers vir vandag kom uit ’n brief wat Paulus vir sy gelowige vriende geskryf het. Hy wou hê hulle moes onthou dat ons as mense ons krag kry uit God se krag wat in ons werk.

God kan doen wat geen mens kan doen nie. Sy krag is groter as enige superkrag waaraan jy ooit kan dink. God se krag en grootheid kan nie gemeet word nie. Ons sien dit oral rondom ons in sy skepping en in die dinge wat God doen.

Jy dink dalk iets in jou lewe is onmoontlik – en dan gebeur dit tog. Jy sê: “Wow! Hoe het God dit reggekry?” Niks is vir God on­moontlik nie. God kan wonderlike dinge doen wat ons met ons menslike verstand nie eens kan begin verstaan nie.

God hou egter nie al hierdie krag vir Homself nie. Hy deel dit met ons. Sy krag werk in ons om ons te help om dinge te doen wat ons dink onmoontlik sal wees. Wanneer ons bid en vir God vra om ons te help, sal Hy vir ons meer doen as wat ons kan droom.

Here, U doen dinge wat ek dink onmoontlik is. U ken my hoop en my drome en ek glo dat U in staat is om my te help om dit waar te maak. Amen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Groter as wat ek verstaan

“Kan God enigiets doen?” Jong kinders begin soms hierdie vraag vra. Dit is dan die tyd om hulle te leer dat God regtig enigiets kan doen – al verstaan ons nie altyd wat en hoe Hy dit doen. Hierdie 5 kort en kragtige oordenkings is ideaal vir laerskolers of vir die gesin om saam deur te werk.

More

https://www.cumbooks.co.za