Die wegrapingVoorbeeld

Die wegraping

DAG 5 VAN 7

Wie sal weggeraap word?

Elke weergebore gelowige wat op die aarde leef wanneer die trompet opklink, sal weggeraap word. Dit is wat Paulus in 1 Tessalonisense 4:16-17 (NLV) skryf: “Wat eerste gaan gebeur, is dat die Here self uit die hemel sal neerdaal en dat die dooies wat aan Christus behoort, sal opstaan. Dit sal gebeur wanneer die hoofengel ’n bevel gee en God se trompet weerklink. Daarna sal ons wat bly lewe het, saam met hulle op wolke die lug in weggevoer word om die Here te ontmoet en vir altyd by Hom te wees.” Dit is die wonderbaarlike verskyning van ons groot God en Verlosser, Jesus Christus. Hy sal nie afkom aarde toe nie; Hy sal die hele kerk in die lug ontmoet. Die dooies wat aan Christus behoort, sal met verheerlikte liggame opgewek word, en dié wat nog leef en aan Christus behoort, sal in ’n oogwink verander word.

Die wegraping is net vir lewende gelowiges en is spesifiek vir een generasie en een oomblik in tyd. Die dooies wat aan Christus behoort, word nie weggeraap nie; hulle word uit die dood opgewek. Lewende gelowiges sal oombliklik ervaar wat Paulus in Filippense 3:21 skryf oor ons vernederde liggame wat verander sal word om te lyk soos Christus se verheerlikte liggaam. Ons sal soos Jesus word in die sin dat ons onsterflik sal wees.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Die wegraping

Wat is die wegraping van die kerk? Watter Bybelgedeeltes vertel vir ons van die wegraping? Wat is die doel van die wegraping? Wie sal weggeraap word? Amir Tsarfati kyk na hierdie en ander vrae in dié 7-dag leesplan wat fokus op die kernvrae rondom die wegraping.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/