Ek Gee Oor: Inspirerende Oordenkings Geskryf deur GevangenesVoorbeeld
JESUS IS HERE
“Petrus sê vir Hom: 'Here, ek is bereid om saam met U selfs gevangenskap en dood in te gaan'" — Lukas 22:33.
Petrus het op een punt van sy lewe 'n ernstige belofte gemaak om Jesus te volg. Hy het selfs gesê dat hy tronk toe sou gaan en sou sterf vir Hom. Petrus was opreg, maar hy het gefaal toe dit by toetse en beproewings gekom het! Jesus het gebid vir Petrus en nie moed opgegee met hom nie.
Het ons ook gefaal? Het ons ons Verlosser verwerp, afvallig geword en dit totaal vernietig? Hou aan hoop. Kyk na Jesus. Hy is nog steeds daar. Hy het ons nog steeds lief. Hy het vir ons gebid, ten spyte van al ons mislukkings, Hy is gereed om ons op te rig, om ons trane af te droog en om ons gebroke harte te heel.
Ons kan aangaan om daardie man of vrou van God te word, om ons verpligtinge en die beloftes wat ons aan Jesus gemaak het na te kom. Dit maak nie saak waar ons is nie, selfs in 'n donker tronksel, dit maak nie saak wat ons omstandighede is nie, Jesus is daar. Ons kan moed skep en weer vir Hom sê: "Ek is gereed Here, om saam met U na die tronk en die dood toe te gaan!"
—Javier
GEBED: Dankie Here, dat selfs wanneer ons faal, U nooit moed opgee met ons nie. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die Bybel is 'n boek van verlossing, vryheid en hoop. Binne in die bladsye is daar dinamiese karakters vol van moed — gebroke mans en vroue wat opsoek is na antwoorde. Op 'n manier is hulle baie soos die huidige en voormalige gevangenes wat die oordenkings geskryf het wat jy nou gaan lees. Ons hoop dat jy aangemoedig en geïnspireer sal word deur die stemme van die kerk agter die tralies. Mag hulle getuienisse ons almal vry maak.
More