Tel jou woorde, want woorde telVoorbeeld
Die emosionele inhoud van jou woorde
Die probleem: Soms skree die manier waarop jy met mense praat so hard dat hulle nie hoor wat jy sê nie.
Die antwoord: Moenie met woorde op mense afstorm nie.
Het dit al met jou gebeur dat jy 'n boodskap nie reg verstaan het nie as gevolg van die manier waarop dit oorgedra is? Jy het dit dus met inagneming van die stemtoon, volume en lyftaal, wat 'n ander emosionele inhoud oorgedra het, gehoor. Miskien het dit ook al met jou gebeur dat iemand jou verkeerd verstaan het oor die manier waarop jy iets gesê het.
Jy moet dus nie net jou woorde tel nie. Jy moet ook let op die emosionele inhoud van jou gesprek. Hiermee word beslis nie veronderstel dat jy nie met oortuiging en passievol mag gesels nie, maar net dat wat jy sê nie teenstryding moet wees met hoe jy dit sê nie.
Die agting wat jy vir mense het, word beslis deur die manier waarop jy met hulle praat, weerspieël. Respek is dus baie meer as woorde — dit is 'n gesindheid wat deur woorde gerugsteun word. Daarom sal dit wat jy vir mense sê en die manier waarop jy dit vir hulle sê, baie meer van jou sê as wat jy besig is om aan hulle te sê. Jesus leer ons dat ons woorde uit die innerlike van ons menswees kom en derhalwe ons hart ontbloot (Matteus 15:18-20).
Plan van aksie: Om te praat behels baie meer as om net woorde te gebruik. Is jou hart en mond, met ander woorde jou gesindheid en gesprekke, in harmonie met mekaar?
Aangaande hierdie leesplan
Met ons woorde kan ons mekaar bou of breek. Daarom moet ons ons woorde tel, want woorde maak saak. Ons moet onsself daarop instel om woorde van waardering en aanmoediging te spreek. Ons woorde moet met genade deurweek wees en ons moet die waarheid in liefde praat terwyl ons ook aan die emosionele inhoud van ons woordeskat aandag skenk. Hoe sal ons woorde aangenaam wees?
More
Ons wil graag Leef die Woord bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://leefdiewoord.co.za/