BibleProject | Wat Gee Jou Hoop?Voorbeeld

BibleProject | Wat Gee Jou Hoop?

DAG 7 VAN 7

Hoop op God se Getrouheid

Betroubare vriende is onskatbaar. Wanneer hulle belowe om te help en dan opdaag om ons werklik te help, noem ons hulle betroubaar, vertroubaar—getrou.

Dwarsdeur die Bybelse verhaal word God as getrou beskryf omdat hy werklik doen wat Hy sê Hy sal doen. Op verskeie oomblike in die verhaal maak God beloftes aan Abraham en sy afstammelinge. Hulle vertrou wat God sê en plaas hulle hoop op sy beloftes terwyl hulle glo dat God getrou sou wees. God vervul selde sy beloftes op die maniere wat mense verwag, maar Hy is steeds getrou om alles te doen wat Hy sê Hy sal.

Wanneer God menslike vlees deur Jesus aanneem bly Hy net so getrou en waar as wat Hy nog altyd was. Ons hoop op Jesus want Jesus is God—voortdurend betroubaar, altyd getrou. Hy belowe om die mensdom en die hele skepping te vernuwe, en omdat Hy getrou is, kan ons Hom vertrou en diepe hoop omhels.

Wanneer ons moeg en swaar belas word deur ons werk, verhoudings en omstandighede is Jesus getrou om ons rus te gee. Wanneer ons ons sondes bely, is Jesus getrou om ons te vergewe. Wanneer ons vrygewig met ons hulpbronne teenoor ander leef is Jesus getrou om na ons behoeftes om te sien.

Ons het hoop in Jesus se vermoë om alles te vernuwe en Hemel en Aarde te herenig soos Hy belowe het. Ons kan Hom vertrou want Hy is betroubaar, vertroubaar—getrou.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

BibleProject | Wat Gee Jou Hoop?

BibleProject het hierdie plan ontwerp om individue en groepe te help om oor die tema van hoop na te dink. Wat is die verskil tussen optimisme en opregte, lewende hoop? Ons verken Bybelse woorde vir “hoop” en ontdek hoopvervulde temas soos opstanding, die Evangelie van God se Koninkryk, die Heilige Gees en die hereniging van Hemel en Aarde.

More

Agradecemos ao BibleProject por fornecer esse plano. Para mais informações, visite: www.bibleproject.com