VreesloosVoorbeeld
Vervang vrees met vertroue
Vrees kom nie van God af nie. God is liefde en die liefde verdryf alle vrees. Vrees is ’n gifpyl in die Satan se hand wat hy direk op ons harte afvuur omdat hy weet dat dit ons verlam. Hy weet dat, wanneer ons bang is, ons ons oë van God af wegdraai omdat ons dan op onsself en ons eie vermoëns fokus. Wanneer ons van Hom af wegkyk, is ons skild van vertroue weg.
Fokus in jou vrees op jou Vader. Onthou hoeveel keer Hy jou gered en gehelp het. Bid dat Hy elke vreesgedagte en onseker emosie uit jou hart haal en dit met vertroue en geloof vervang.
Ek vertrou U met my hele hart, getroue Vader.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Onthou jy nog hoe bang ons as kinders vir die donker was was? Nou is ons groot en lê ons begrip van die “nag” in dinge soos verhoudingsprobleme, huwelikskonflik, werksonsekerheid, vrees oor die toekoms ... Milanie Vosloo herinner ons vandag dat daar een plek is waarheen ons as volwassenes met ons vrese kan gaan en dit is in die arms van ons hemelse Vader!
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/