AfgesonderVoorbeeld

Afgesonder

DAG 18 VAN 29

Die Belangrikhed van Wysheid

Lees Spreuke 4:1–19

SOAP Spreuke 4:6–7

Oordenking

Om God se wysheid bo die wêreld se wysheid te ag, is 'n manier waarop ons kies om ons lewens afgesonder te leef. God se wysheid is soos 'n kosbare skat en Hy wil hê ons moet dit met ons hele hart najaag. Wanneer ons wysheid liefhet, sal dit ons bewaak, beskerm en op die regte pad hou. Maar hoe verkry ons wysheid? Ons moet begin deur dit in die Woord van God te soek. Deur die Skrif te lees en daaroor na te dink, help dit ons om wysheid en insig vir ons daaglikse lewe te verkry.

Vra God elke dag om sy wysheid aan jou te openbaar en jou te help om dit in jou lewe toe te pas terwyl jy die Bybel lees. Ons weet uit Jakobus 1:5 dat God vrygewig is om sy wysheid aan ons te gee wanneer ons vra. As jy nie verstaan wat jy lees nie of meer insig nodig, wees eerlik met God en vra Hom vir die begrip wat jy nodig het. Om in wysheid te groei is 'n reis. Moenie moedeloos raak nie. Jy sal algaande meer wysheid kry soos jou verhouding met God verdiep, want jy sal dit koester en die waarde daarvan in jou lewe raaksien.

Wanneer ons kies om afgesonderd vir God te leef en in wysheid te wandel, ervaar ons die vreugde en vrede wat voortspruit uit 'n lewe wat in lyn is met God se doel. Ons koester die wysheid wat God so mildelik gee en terwyl ons dit doen, word ons beter toegerus om die uitdagings van die lewe met genade en moed die hoof te bied.

Gebed

Hemelse Vader, dankie vir u Woord en die wysheid wat dit bied. Help ons asseblief om daagliks u wysheid te soek en dit in ons lewens toe te pas. Amen.

Dag 17Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

Afgesonder

Voel dit asof die wêreld al verder weg van God af beweeg? Is dit vir jou moeilik om te weet hoe om die mense in jou lewe lief te hê sonder om beïnvloed te word deur die veranderinge in 'n wêreld wat uit pas is met God?

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://liefgodgrootliks.wordpress.com/