AfgesonderVoorbeeld

Afgesonder

DAG 26 VAN 29

Volg die Voorbeeld van God

Lees Efesiërs 5:1–5

SOAP Efesiërs 5:1–3

Oordenking

As kinders van God moet ons soos ons Vader lyk. Soos ons groei en volwasse word in ons geloof behoort ons meer en meer van God se eienskappe aan te neem om navolgers van God te word. Ons hemelse Vader wil hê ons moet streef na heiligheid, al sal ons eers in die hemel volmaak wees. Tog sal Hy ons gee wat ons nodig het om ‘n afgesonderde lewe te lei, veral as ons probeer om in liefde te wandel net soos Christus ons liefgehad het. Jesus se liefde vir ons was so groot dat Hy Homself vir ons gegee het as ‘n geurige offer aan God. Dit is ‘n diep, onwrikbare liefde waartoe ons geroep word om in ons lewens na te boots.

Wanneer ons God navolg, skyn ons sy lig in ‘n donker wêreld deur die verskil te wys wat God in ons lewens maak. Ons word lewende voorbeelde van God se genade en liefde vir diegene rondom ons. Ons is geroep om anders te wees. Ons is geroep om uit te staan. Ons is geroep om afgesonder te lewe. Die manier waarop ons ander liefhet, optree en kies om ons lewens te lei, behoort alles ‘n weerspieëling van God se goedheid te wees.

Om afgesonder te wees is besonders! Dit beteken dat ons ons doel uitleef en die wêreld wys hoe dit lyk om hand aan hand met ons Vader te loop. Wannneer ons aanvaar wie ons is in Christus, as dierbare geliefde kinders, sal ons nie wil weerspieël wat nie ‘n weerspieëling van ons Vader is nie. In plaas daarvan sal ons seksueel rein, vriendelik en vrygewige lewens wil lei omdat ons in liefde die Een, wat so oorvloedig vir ons opgeoffer het, wil weerspieël

Gebed

Liewe Jesus, help my om ‘n navolger van U te wees, in liefde te wandel en uit te staan as u kind. Mag my lewe ‘n getuienis wees van u genade en liefde. Amen.

Dag 25Dag 27

Aangaande hierdie leesplan

Afgesonder

Voel dit asof die wêreld al verder weg van God af beweeg? Is dit vir jou moeilik om te weet hoe om die mense in jou lewe lief te hê sonder om beïnvloed te word deur die veranderinge in 'n wêreld wat uit pas is met God?

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://liefgodgrootliks.wordpress.com/