Wat Jesus gesê het oor die WoordVoorbeeld

Wat Jesus gesê het oor die Woord

DAG 3 VAN 6

Die Woord en die wil van God

Dit is van uiterste belang om ‘n heilige lewe te lei, die Woord te gehoorsaam, die Woord van God te ken, in die krag van die Heilige Gees te lewe en om in elke situasie God se wil te kies.

Jesus het gesê: "My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi. Sê julle nie: ‘Nog vier maande, dan is die oes daar’ nie? Maar Ek sê vir julle: ‘Kyk daar, kyk na die lande; hulle is ryp vir die oes’" (Johannes 4:34-35).

Vir Jesus was die Woord van God sy voedsel en die plek waar Hy die wil van die Vader gevind het.

Die volgende vier dinge word deur Jesus beskryf as die wil van God. Daar is meer sake, maar kom ons kyk na die volgende:

  1. Glo in Jesus: "Dit is die wil van my Vader: dat elkeen wat die Seun sien en in Hom glo, die ewige lewe sal hê" (Johannes 6:40).
  2. Soek die koninkryk van God, want Jesus het gesê: "Soek eers die koninkryk van God en die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee" (Matteus 6:33).
  3. Gehoorsaam God se bevele: "As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer" (Johannes 14:15).
  4. Om goeie vrugte te dra: "My Vader word juis daardeur verheerlik dat julle baie vrugte dra en my dissipels is" (Johannes 15:8).

Gehoorsaamheid: Wat sê die Heilige Gees vir jou uit hierdie Skrifgedeeltes? Wat moet jy daaraan doen – hoe moet jy gehoorsaam wees? Watter keuses is daar wat jy moet maak?

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus gesê het oor die Woord

Die Woord van God is die middelpunt van die Christen se lewe. Ons moet onder die gesag van die Woord leef en ons lewens moet volgens die Woord gerig word. In die Bybel (die Woord van God, die Skrif), leer ons wat die wil van God is, ons leer wie God is, wat Hy wil hê ons moet doen en hoe ons Hom moet aanbid.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/