LydenstydVoorbeeld

Week 1 : Vas
Memoriseervers:
"Jesus het toe die menigte mense saam met sy dissipels nader geroep en vir hulle gesê: 'As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe vir homself wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe vir My en die evangelie verloor, sal dit behou'" Markus 8:34–35.
Uitdaging vir die week:
Hierdie week bestudeer ons wat vas is. Terwyl vas tradisioneel op kos gemik was, is daar baie ander dinge waarvan ons kan vas. Kies hierdie week iets waarvan jy vir die res van die Lydenstyd gaan afsien. Dit kan ‘n volledige of 'n gedeeltelike vas wees. Vra God om jou te wys waarvan jy moet vas onderwyl jy in hierdie tydperk jou hart in ooreenstemming met Syne wil bring.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Lydenstyd is 'n tydperk van leegmaak, prysgee, skoonmaak en selfs sterf. Lydenstyd is 'n tydperk waartydens ons droefheid uitspreek oor Christus se dood en die rede vir sy dood: ons sonde.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans




