Wat Jesus Gesê Het Oor God Die Heilige GeesVoorbeeld
Voorstel
1. Vra drie vriende/vriendinne om hierdie leesplan saam met jou te doen (vier in 'n groep — mans en vroue in afsonderlike groepe).
2. Almal doen die leesplan op hulle eie.
3. Kom bymekaar na voltooiing van die leesplan en bespreek wat julle ontdek/geleer het.
4. Oorweeg om al 25 leesplanne in hierdie reeks as groep saam te doen.
5. Hierdie is Nr.12 in ‘n reeks van 25 leesplanne.
6. Watter ander persoon of persone dink jy sal by hierdie leesplan baat vind? Maak kontak en vertel hulle daarvan en moedig hulle aan om dieselfde leesplan saam met 'n groep van vier te doen.
7. Hierdie leesplanne sal jou help om te groei en uiteindelik 'n dissipelmaker te word — iemand wat 'n dissipel van nuwe bekeerlinge en ander Christene kan maak.
Wat Jesus gesê het oor God die Heilige Gees
Die Skrifgedeeltes waarop gefokus word: Johannes 14:16-31 en Johannes 16:5-15
Vra die Heilige Gees om jou te leer. Here, wat wil U vir my sê uit hierdie spesifieke Skrifgedeelte?
Besin oor die Skrifgedeeltes aan die hand van drie vrae:
1. Wat leer ons van God in hierdie gedeelte? (Hoe openbaar God Homself aan my: Wie Hy is, sy karakter, werke, bevele, beloftes?)
2. Wat leer ons van onsself/ander mense uit hierdie Skrifgedeelte? (Wat verwag God van my volgens hierdie gedeelte – bv. om te vergewe, groei in my verhouding met Hom, gehoorsaam te wees, en in ‘n verhouding met Hom te leef? Wat moet in my lewe verander? Wat is my verantwoordelikhede?)
3. Hoe kan ons dit wat ons uit hierdie gedeelte ontdek het, integreer in ons lewens? (Hoe moet ek God gehoorsaam? Hoe kan ek vir ander tot seën wees? Wat en waaroor kan ek bid vanuit hierdie Skrifgedeelte?)
Van inligting tot gehoorsaamheid: Nadat jy Johannes 14:16-31 en Johannes 16:5-15 bestudeer het, wat voel jy vra die Heilige Gees van jou om te doen? Omdat dit God is wat hier praat, moet jy reageer. Is daar iets wat in jou lewe moet verander in die lig van hierdie Skrifgedeeltes? Wat is daar wat jy in die komende week moet doen na aanleiding van jou bestudering van hierdie Skrifgedeeltes? Hoe kan jy 'n seën wees vir ander mense om jou? Wees baie spesifiek. Wat ons leer, moet ons in gehoorsaamheid gaan toepas.
Aangaande hierdie leesplan
Oor die algemeen weet Christene 'n aantal dinge oor die gawes van die Heilige Gees. Ons weet egter nie genoeg van die Persoon en Godheid van die Heilige Gees nie. Hierdie leesplan sal jou help om meer te verstaan van die Heilige Gees as God en as een van die Persone in die Drie-eenheid.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/