Sewe Sondes Wat Jou Lewe Sal VernietigVoorbeeld
Selfbejammering (1)
Die gevoel van selfbejammering is meer algemeen en geestelik vernietigend as wat ons dink. Dit is 'n vorm van onvergenoegdheid met die "self" as fokus.
Selfbejammering hou jou vas in die verlede. Dit bepaal hoe jy dink en reageer op die verlede en dit bepaal weer hoe jy oor jouself dink en voel, hoe jy ander mense sien. Dit het ‘n negatiewe effek op jou geestelike groei. Mense met selfbejammering sien byna enigiets as 'n persoonlike aanval en dat hulle dit nie verdien nie. Iemand wat selfbejammering toelaat, sukkel om te kies om geluk te wees, want hulle fokus op alles wat verkeerd geloop het. Om met die emosie van selfbejammering te sit, kan goed voel, want dit stel jou in staat om te onttrek wanneer dinge nie goed gaan nie en weier om enige verantwoordelikheid te neem wanneer dinge verkeerd gaan. Selfbejammering is 'n vorm van manipulasie.
Selfbejammering in ons lewens is dikwels 'n reaksie op 'n gebrek aan positiewe liefde, ervarings van mislukking, nie veilig en beskerm te voel nie. Dit is ook dikwels iemand wat misbruik is of ernstige trauma beleef of beleef het.
Hoe kan jy selfbejammering teenstaan? Die eerste stap is die belangrikste: erken dat jy selfbejammering in jou lewe toelaat. Niemand hou van iemand wat homself bejammer nie en daarom sal mense wat vol selfbejammering is hulle bes doen om te verduidelik dat hul reaksies geldig is, dat hulle in werklikheid insig en onderskeidingsvermoë toon, en dat hulle eintlik die lewe baie goed hanteer ten spyte van al die slegte dinge wat hulle gebeur het en steeds gebeur.
Tweedens moet jy jou gevoelens erken en verantwoordelikheid neem daarvoor. Vra die Heilige Gees waar hierdie negatiewe gevoelens vandaan kom. Wanneer jy hulle geïdentifiseer het, vergewe die mense wat jou seergemaak het. Sonder vergifnis kan jy nie vrykom van selfbejammering nie.
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie sewe sondes en ingesteldhede is vernietigend — vir ons eie lewens en dit kan ook baie skade aan ander mense aanrig. Hierdie oordenking is baie belangrik vir ons almal, want die meeste mense het 'n stryd hiermee.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/