Sewe Sondes Wat Jou Lewe Sal VernietigVoorbeeld

Sewe Sondes Wat Jou Lewe Sal Vernietig

DAG 9 VAN 14

Gierigheid (1)

Wat God oor gierigheid sê:

"Gierigheid is afgodery "(Efesiërs 5:5).

"Toe sê Hy vir hulle: “Pas op en wees op julle hoede vir elke vorm van gierigheid, want ’n mens se lewe is nie afhanklik van die oorvloed van sy besittings nie" (Lukas 12:15).

"Geldgierigheid is ’n wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal; daardeur het hulle hulleself baie ellende op die hals gehaal "(1 Timoteus 6:10).

Waar kom gierigheid vandaan?

Dit begin met vrees en ongeloof, gevolg deur wantroue en veral ‘n gebrek aan sekuriteit. Gierigheid floreer in die geselskap van jaloesie, afguns, selfbeheptheid en 'n gevoel van meerderwaardigheid.

Mense probeer altyd gierigheid wegsteek. Niemand wil van gierigheid beskuldig word nie. Daarom noem ons dit iets anders:

1. "Ons moet verantwoordelik optree.” Dit is waar.

2. "Ons moet voorsiening maak vir moeilike tye en versigtig wees." Dit is waar.

3. "Daar kan 'n ekonomiese ineenstorting wees, en dan moet 'n mens reserwes hê." Dit is waar.

Die probleem met hierdie argumente is nie die beginsel van verantwoordelike optrede nie, maar die innerlike motivering vir ons optrede. Gierigheid is nie 'n finansiële probleem nie. Gierigheid het baie min met rentmeesterskap te doen. Jy kan nooit met 'n gierige persoon argumenteer en dink dat jy die argument sal wen nie.

Gierigheid is ongeloof en selfsug. Baie mense glo nie dat God vir hulle kan en sal sorg nie – dit is 'n vorm van wantroue in God, wat belowe het om vir jou te voorsien. Daar is 'n basiese vrees dat God nie vir jou en jou toekoms sal sorg nie. Daarom probeer mense 'n mate van sekuriteit skep vir hulleself. "God help die mense wat hulself help. Dis in die Bybel." Reg? Nee. Dit staan nie in die Bybel nie!

Gierigheid kry nooit genoeg nie. By geleentheid het iemand vir die persoon wat op daardie stadium die vierde rykste man in die VSA was, gevra: "Wanneer sal jy genoeg geld hê?" Sy antwoord was: "As ek 'n bietjie meer het as wat ek nou het."

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Sewe Sondes Wat Jou Lewe Sal Vernietig

Hierdie sewe sondes en ingesteldhede is vernietigend — vir ons eie lewens en dit kan ook baie skade aan ander mense aanrig. Hierdie oordenking is baie belangrik vir ons almal, want die meeste mense het 'n stryd hiermee.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/