Wat Jesus Gesê Het Oor Geld en Fisiese VoorsieningVoorbeeld
Voorstel
1. Vra drie vriende/vriendinne om hierdie leesplan saam met jou te doen (vier in 'n groep — mans en vroue in afsonderlike groepe).
2. Almal doen die leesplan op hulle eie.
3. Kom bymekaar na voltooiing van die leesplan en bespreek wat julle ontdek/geleer het.
4. Oorweeg om al 25 leesplanne in hierdie reeks as groep saam te doen.
5. Hierdie is Nr.22 in ‘n reeks van 25 leesplanne.
6. Watter ander persoon of persone dink jy sal by hierdie leesplan baat vind? Maak kontak en vertel hulle daarvan en moedig hulle aan om dieselfde leesplan saam met 'n groep van vier te doen.
7. Hierdie leesplanne sal jou help om te groei en uiteindelik 'n dissipelmaker te word — iemand wat 'n dissipel van nuwe bekeerlinge en ander Christene kan maak.
Wat Jesus gesê het oor geld en fisiese behoeftes
Die Skrifgedeelte waarop gefokus word: Matteus 6:24-34
Besin oor die Skrifgedeelte aan die hand van 3 vrae:
1. Wat leer ons van God in hierdie gedeelte? (Hoe openbaar God Homself aan my: Wie Hy is, sy karakter, werke, bevele, beloftes?)
2. Wat leer ons van onsself/ander mense uit hierdie Skrifgedeelte? (Wat verwag God van my volgens hierdie gedeelte – bv. om te vergewe, groei in my verhouding met Hom, gehoorsaam te wees, en in ‘n verhouding met Hom te leef? Wat moet in my lewe verander? Wat is my verantwoordelikhede?)
3.‘ n Baie sinvolle vraag om te vra, is: Waarom dink jy is hierdie gedeelte in die Bybel?
Van inligting tot gehoorsaamheid:
Nadat jy Matteus 6:24-34 bestudeer het, wat voel jy vra die Heilige Gees van jou om te doen? Omdat dit God is wat hier praat, moet ons reageer. Ons moet oorgaan van inligting na gehoorsaamheid:
1. Hoe kan ek dit wat ek uit hierdie gedeelte ontdek het, integreer in my lewe?
2. Hoe moet ek God gehoorsaam? Wat en waaroor kan ek bid vanuit hierdie Skrifgedeelte?
3. Is daar iets wat ek in my lewe moet verander in die lig van hierdie Skrifgedeelte?
4. Wat is daar wat ek in die komende week moet doen na aanleiding van hierdie Skrifgedeelte?
5. Hoe kan ek 'n seën wees vir ander mense om my? Wees baie spesifiek.
6. Met wie kan ek praat oor wat ek in hierdie Skrifgedeeltes geleer het?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Geld speel 'n baie groot rol in mense se lewens. In die lewe van baie mense speel dit 'n te groot rol. Hierdie leesplan wil 'n aantal riglyne gee oor hoe ons geld moet gebruik en God se versorging vir ons behoeftes.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/