Wat Jesus Gesê Het Oor Die Sin Van Die Lewe en 'n Christelike Lewens- en WêreldbeskouingVoorbeeld
Sin van die lewe: Waar kom ons vandaan?
Daar is min vrae wat meer gevra word as die volgende vier vrae: Wat is die betekenis van die lewe? Waarom is ek hier — wat is my doel? Waar kom ek vandaan? Waarheen gaan ek as ek sterf? Die Bybel is die enigste boek wat 'n omvattende en geïntegreerde antwoord op hierdie vier vrae gee.
"In die begin was die Woord … en die Woord was self God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie ’n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie" (Johannes 1:1-3).
"Van die skepping van die wêreld af kan ’n mens uit die werke van God duidelik aflei dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is, hoewel dit dinge is wat ’n mens nie met die oog kan sien nie. Vir hierdie mense is daar dus geen verontskuldiging nie" (Romeine 1:20).
Wanneer mense nie weet waar hulle vandaan kom nie, sukkel hulle om die sin van die lewe te verstaan. Ons is nie die resultaat van 'n onbegeleide en onwillekeurige proses van ontwikkeling oor die verloop van miljarde jare nie. God het ons geskep. Hoe weet ons dat God ons geskep het? Die Bybel sê in Hebreërs 11:3 dat ons deur die geloof weet dat God ons geskep het. (Laat ons dit net baie duidelik sê: “wetenskaplikes” maak óók ‘n geloofstelling wanneer hulle sê die heelal het as ‘n onwillekeurige proses tot stand gekom. Daar is hoegenaamd geen wetenskaplike bewyse om so ’n feitelike stelling te maak nie.)
Gehoorsaamheid: Skryf die dinge neer wat vir jou uitstaan uit hierdie Skrifgedeeltes. Hoe kan jy hierdie waarhede in jou lewe integreer?
Aangaande hierdie leesplan
Een van die heel belangrikste vrae van ons tyd, is die vraag: Wat is die sin van die lewe. In hier Leesplan kyk ons na wat die Woord hieroor sê.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/