’n Dankbare HartVoorbeeld

’n Dankbare Hart

DAG 3 VAN 5

“Maak ’n dankbaarheidsfles”

God vra dankbaarheid van sy kinders. Ook dat sy Blye Boodskap in sy volheid in ons sal bly. 

’n Facebookinskrywing van 2014 vra dat ons aan die einde van elke dag ons gelukkigste oomblik van daardie spesifieke dag op ’n papiertjie sal neerskryf, dit klein sal opvou en in ’n fles sal bewaar. Doen dit élke dag van die nuwe jaar, selfs op rillerdae, want ook ’n rillerdag behoort ten minste een gelukkige oomblik te hê.

Indien jy ’n dag sonder enige blydskapsoomblik beleef, skep vir jouself een voor die einde van daardie dag. Kyk na foto’s van jou kinders of kleinkinders, lees ’n gedig, bel ’n vriendin of sit ’n rukkie by jou man.

Wanneer dit dan weer regtig baie sleg met jou gaan, kan jy net jou hand in jou dankbaarheidsfles steek en ’n vreugdeoomblik daaruit haal om te herlees – en om God voor te dank.

GEBED: Here, daar is so baie vreugdeoomblik in my lewe, so baie dinge waarvoor ek U kan loof en dank dat my eie dankbaarheidsfles elke dag oorloop. Help my om u boodskap met my lewe uit te dra. Amen.


Hierdie oordenking is geneem uit GESKENK VAN GENADE deur Nina Smit. Besoek www.cumbooks.co.za vir meer inligting.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

’n Dankbare Hart

“Dankie” is so ’n klein woordjie, maar kan so ’n groot impak hê. Sê ons genoeg dankie vir wat mense vir ons doen? Sê ons genoeg dankie vir God? Hierdie 5-dag leesplan oor dankbaarheid is ’n samestelling van dagstukkies deur gewilde Suid-Afrikaanse skrywer Nina Smit, uit haar dagboek GESKENK VAN GENADE.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.cumbooks.co.za/