’n Lewe van gebedVoorbeeld

’n Lewe van gebed

DAG 4 VAN 7

Manna vir vandag

Opregte gebede word gebore tydens teëspoed en behoeftes. Die brood wat jy vandag ontvang, is die kragtigste belofte dat daar môre weer brood sal wees. Ons moet God vir vandag vertrou en môre in sy hande oorlaat. Ons leef in die hede, maar die toekoms behoort aan God.

Omdat ons elke dag brood nodig het, moet ons elke dag bid. Ons bid vandag vir vandag en môre vir môre.

Ons het vandag se manna nodig; God sal môre voorsien wat ons môre nodig het. Dit is die soort geloof wat God van ons vra. Jy kan môre se sorge in God se hande laat.

Here, help my om U vandag te vertrou vir my behoeftes vandag en môre in u hande te laat. Ek weet U sal voorsien. Amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

’n Lewe van gebed

“God seën die bidder wat met sy hele wese bid. Wanneer ons bid, dink ons helderder, verstaan ons beter en kan ons nugterder redeneer.” Dit is E.M. Bounds se aanmoediging vir jou om elke dag te bid. In hierdie sewe kort en kragtige gedagtes oor gebed herinner hy jou hoe belangrik gebed is wanneer jy Goddelike leiding soek om wyse besluite te neem.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/