Die Bron van jou blydskapVoorbeeld
God se ruiltransaksie
Die profeet Jesaja bring hier ’n stuk goeie nuus aan God se moedelose volk wat op daardie oomblik in groot nood verkeer het omdat hulle in ballingskap weggevoer was. Jesaja profeteer dat God belowe om self aan hulle genade te betoon, om hulle vyande te straf en die mense wat treur te vertroos. God onderneem ook om ’n wonderlike ruiltransaksie met hulle aan te gaan: Hy sal vir sy volk eer gee in plaas van straf, vreugde in plaas van droefheid en blydskap in plaas van hartseer.
Mense is meestal die hoofoorsaak van ons hartseer. Hulle stel ons teleur of kom ons te na. Ons is ook hartseer wanneer ons mense verloor vir wie ons lief is. Watter oorsprong jou hartseer van die oomblik ook al het, God wil graag met jou ’n ruiltransaksie aangaan soos Hy met sy volk in die tyd van Jesaja gedoen het. Hy onderneem om jou begrafnisklere vir feesklere te verruil, om vir jou eer in plaas van smart te gee, vreugde in plaas van droefheid en blydskap in plaas van hartseer. Hy wil met jóú ’n verbond sluit soos met Israel van ouds. As jy hiertoe instem, sal jy oor jou God kan juig en ’n loflied tot sy eer kan sing.
Here, ek wil nou graag my hartseer van die oomblik vir u vreugde kom inruil sodat ek vir die res van my lewe u verbondskind kan wees en oor U kan juig en bly wees. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Met Jesus as die hoofbron van jou blydskap is dit moontlik om élke dag met blydskap tegemoet te gaan. Die vreugde wat God gee, staan heeltemal los van alle ander dinge, dis ’n vreugde "ten spyte van". Nina Smit wil jou in hierdie 7-dag-leesplan herinner dat jóú blydskap nie van jou fisiese omstandighede afhang nie, maar ’n Persoon is met wie jy in ’n lewende verhouding staan.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za