Verstaan en Bid Deur Jou Geestelike WintersVoorbeeld

Verstaan en Bid Deur Jou Geestelike Winters

DAG 1 VAN 6

Winterbome

Die winter kom elke jaar, sonder versuim — dit is nie asof ons 'n keuse het nie. Min mense wens dat die winter moet kom. Maar so seker as wat ons is van die warmte van die son in die somer, net so seker kom die winter een keer per jaar.

Niemand wens of hoop vir die winterseisoene in hul lewens nie. Tog kom geestelike winters met meedoënlose reëlmaat. Ons is dikwels verward daaroor. Hulle kan skrikwekkend en genadeloos wees – minstens aanvanklik.

Tog is winters nodig as 'n boom vrugte en nog meer vrugte wil dra.

Wat ons van ‘n boom in die winter sien, is hoe die boom regtig lyk. In ons geestelike winters sien ons onsself soos ons werklik is. In die somer is daar bloeisels, blare en vrugte wat die werklike boom verberg. Maar in die winter val die blare af en word die boom van sy uiterlike voorkoms gestroop. Daar is geen blare of vrugte om die aandag weg te trek van hoe die boom werklik lyk nie.

Die winter het nie die boom verander nie — dit is net dat ons in die winter kan sien hoe die boom regtig lyk.

In geestelike winters word ons gestroop van dinge wat ons goed, sterk en geestelik laat lyk. Dit is hierdie tye dat ons ons tot God moet wend as ons enigste hoop en skuilplek.

Wanneer ons 'n Christen se vrug wegneem – wat nie regtig sy vrug is nie (dit is eintlik die Gees se vrug), sy gemaklike lewe, al die antwoorde op gebede (wat God geantwoord het), het ons eintlik niks van die persoon weggeneem nie. Wat oorbly, is wie ons is.

God skaam Hom nie vir ons nie. Hy het nog die hele tyd geweet wie ons is en hoe ons is. Hy het ons nogtans lief.

Ruim tyd in om te bid:

Laat ons besin en bid oor die onvoorwaardelike liefde van God. God se liefde is nie gekoppel aan ons sukses en prestasies nie.

Ons moet die feit aanvaar dat God ons van tyd tot tyd “opsy sal sit” — tot ons eie voordeel. God maak nie foute wat sy geliefdes betref nie.

Wintertye help ons om God te soek ter wille van wie Hy is, en ons by 'n plek van dieper oorgawe aan Hom te bring.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Verstaan en Bid Deur Jou Geestelike Winters

Daar kom vir almal van ons tye wat soos geestelike winters voel. Hierdie leesplan sal jou help om sin te maak van jou geestelike winters en te verstaan dat geestelike winters absoluut noodsaaklik is vir geestelike groei en vrugdra.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com