Nogtans sal ekVoorbeeld

Nogtans sal ek

DAG 7 VAN 7

Hande

"Vriend, jy moet weer 'n verbintenis aangaan."

Dit is verstaanbaar en nodig om soms te onttrek en net eers perspektief te kry. Maar dan moet jy weer 'n verbintenis aangaan. Daarom is dit noodsaaklik om die verlede in perspektief te plaas, met hoop vir 'n beter toekoms besiel te wees en vasbeslote te werk om nuwe hoogtes te bereik (Filippense 3:14). Die beste lê nog voor, daarom moet jy weer jou hand aan die ploeg slaan en doelbewus vorentoe beweeg (1 Korintiërs 9:24-27). Dit wat jy wil bereik lê voor jou. Moenie langer met jou hande gevou staan nie. Luister, vandag is die môre waarop jy gister gehoop het — voluit vorentoe!

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Nogtans sal ek

Hoe kry 'n mens 'n vastrapplek wanneer dit vir jou voel asof jou wêreld uitmekaarval? Hoe maak jy en waarheen gaan jy wanneer dinge nie uitwerk soos jy gehoop het nie? Luister, jy kan waarlik God se hart vir jou vertrou. Moenie toelaat dat die storms aan die buitekant onstuimigheid in jou binnemens veroorsaak nie.

More

Ons wil graag Leef die Woord bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://leefdiewoord.co.za