21 Dae GebedVoorbeeld

21 Dae Gebed

DAG 12 VAN 21

Het jy al ooit gewonder hoekom God wil hê dat ek en jy moet bid? God, in sy wysheid, het redes hoekom Hy wil hê dat sy kinders, dit is nou ek en jy, na Hom toe moet kom in gebed.

God is God en ons kan net ten dele weet en begryp. Daar is wel sekere redes in die Woord van God bekend gemaak wat verduidelik hoekom God wil hê dat ek en jy moet bid.

Eerstens wil God hê dat ons deur gebed uiting gee aan ons vertroue in Hom. Deur te bid, verklaar ons dat ons God vertrou en dat ons weet Hy is magtig en wysheid het om in ons behoeftes te voorsien, ons te lei en ons lewens te rig.

Tweedens bring gebed ons nader aan God. Dit versterk ons verhouding met Hom.

Derdens betrek gebed ons by daardie dinge wat God doen. Wat 'n wonderlike gedagte is dit dat God my en jou betrek by wat Hy besig is om te doen. Hy maak ons deel van sy werk en doel op aarde. Dit rig ons denke en emosies verby tydelike aardse goed en rig dit op God en die dinge wat van ewige belang is.

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

21 Dae Gebed

Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal jou help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag.  Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za

More

Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.hallokerk.co.za/