Waarom het Jesus aarde toe gekom?Voorbeeld

Waarom het Jesus aarde toe gekom?

DAG 3 VAN 4

Hy het gekom om dié wat verlore is, te red

Baie mense neem aanstoot as jy hulle vra: “Is jy gered?” Hulle dink nie hulle is so sleg, of het redding nodig nie. Die meeste is dan ook ontsteld oor enige gedagte dat God hulle hel toe sal stuur. Jesus se verklaring dat Hy gekom het om dié wat verlore is, te soek en te red, herinner ons egter daaraan dat ons almal weens ons sondes gered moet word.

Die skare het gemor toe Jesus besluit het om by ’n tollenaar genaamd Saggeus te gaan eet. Tollenaars was berug daarvoor dat hulle ekstra geld van mense gevat het om hulle eie sakke oormatig te vul. Saggeus was egter bly om Jesus te sien en het sy sondes berou en bely. Sy verhaal bring twee groepe mense na vore: dié wat reëls breek en die wat reëls nakom.

Wetsoortreders, soos Saggeus, doen gereeld en openlik dinge wat verkeerd is. Dié wat die reëls volg, soos die skare in hierdie verhaal en die godsdienstige leiers van daardie tyd, was trots op hul nakoming van God se wette en het neergesien op mense wat nie by die reëls hou nie. Ondanks hul verskille is mense in albei groepe sondaars wat redding nodig het. Sonder Christus:

• Is ons verstand en gedagtes verblind (2 Korintiërs 4:4)

• Is ons hartstogte in wanorde (Romeine 1:26)

• Is ons liggame verontreinig (Romeine 1:24–25)

• Is ons wil verwronge (Romeine 8:7)

• Is ons slawe van sonde (Johannes 8:34)

• Word ons deur Satan beheer en oorheers (1 Johannes 5:19)

• Is ons bestem vir die oordeel (Efesiërs 2:3)

• Staan ons as veroordeeldes voor God (Johannes 3:18)

• Is ons geskei van God (Efesiërs 2:12)

• Is ons moreel boos (Lukas 11:13)

• Is ons siek weens sonde (Matteus 9:12)

• Is ons geestelik dood (Efesiërs 2:1–2)

• Is ons vir die hel bestem (Openbaring 14:11)

Die Woord van God stel dit duidelik dat ons grootste probleem nie net is dat ons opgemors het, of ’n paar slegte besluite geneem het nie. Ons grootste probleem is dat ons dood is weens ons sonde, ons rebellie teen God, en hoegenaamd nie in staat is om onsself te red nie. Kortom, ons is verlore. Dit is waarom dit goeie nuus is dat die Seun van die Mens gekom het om dié wat verlore is te soek en te red.

Het jy al in alle nederigheid teenoor God erken dat jy dit nodig het om gered te word?

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Waarom het Jesus aarde toe gekom?

Dit is een ding om te glo dat Jesus 2 000 jaar gelede as ’n baba aarde toe gekom het. Maar weet jy waarom Hy gekom het? Hierdie 4-dag leesplan ondersoek die Bybelse antwoorde op dié vraag. Jesus se koms het niks te make met ’n sentimentele gevoel rondom vakansiegebeure nie. Dit het ewigheidsimplikasies vir jou lewe en vir die hele wêreld.

More

Ons wil graag Radical bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://radical.net/