Wanneer die Heilige Gees werkVoorbeeld

Wanneer die Heilige Gees werk

DAG 1 VAN 7

’n Verlange na die Gees

Ons leef in ’n tyd waar daar ’n groot honger is na meer kennis en ’n groter belewing van die Heilige Gees.

Mense is moeg vir ’n halfhartige en kragtelose vorm van godsdiens. Hulle verlang na ’n lewende verhouding met Christus. Hulle wil weer die kragtige werking van God sien en ervaar soos in die Bybelse tye.

Mense verlang om te sien hoe God gebede verhoor en wonderwerke doen.

Daar is by baie mense ’n strewe na opregte heiligheid en ’n lewe van oorwinning oor sonde. Mense het ’n behoefte om vervul te word met die Heilige Gees. Hulle wil die krag en die werking van die Heilige Gees persoonlik ervaar. Baie mense sug en bid vir ’n nuwe werking van die Heilige Gees en vir herlewing.

Jesus het belowe dat Hy sy volgelinge nie as weeskinders sal agterlaat nie, maar dat Hy na hulle sal terugkom. Op Pinksterdag het Jesus na sy kerk teruggekeer om by ons te wees en in ons te woon.

In die Ou Testament fokus die heilsgeskiedenis op die Vader. Met die aanbreek van die Nuwe Testament val die kollig op Christus, die Seun van God wat na hierdie wêreld gekom het om vir ons sonde aan die kruis te sterwe. Met Christus se hemelvaart breek ’n nuwe bedeling aan wat eindig met die wederkoms van Christus. Hierdie tydperk, waarin ons ook lewe, is die Pinksterbedeling waar die Heilige Gees en sy werking meer op die voorgrond is.

Sedert die uitstorting van die Heilige Gees het die dissipels en die volgelinge van Jesus sy teenwoordigheid deur die Heilige Gees ervaar. Die dissipels het in ’n noue verhouding met die Heilige Gees gelewe. Hulle was sensitief vir sy leiding en het die Gees toegelaat om deur hulle te werk en die koninkryk van God te laat kom.

Here Jesus, kom leer my meer van die Heilige Gees. Kom, o Gees van God, en openbaar U aan my.

Amen

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Wanneer die Heilige Gees werk

Vanaf die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag tot Jesus se wederkoms leef ons in die bedeling van die Heilige Gees waar God elke oomblik in en deur ons wil lewe. Het jy ‘n lewende verhouding met die Heilige Gees, ervaar jy sy werking, leiding, gawes en vrug? Hierdie leesplan wil jou help om die wonderlike, kragtige beheer van die Heilige Gees meer in jou lewe te ervaar.

More

Ons wil graag vir Dirkie van der Spuy Bediening bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://moreleta.org/