Die veiligste plekVoorbeeld

Die veiligste plek

DAG 1 VAN 7

BY MY

Daar is geen veiliger plek in die hele wêreld as in die hartjie van God se wil nie. Wanneer jy op daardie plek is waar God wil hê jy moet wees, het jy die maksimum sekuriteit van jou hemelse Vader.

Die lewe is nie vir sissies nie. Dis leeuwêreld hierdie. Die brullende leeu waarvan Petrus praat, loop rond om mense lastig te val en te verslind. Die lewe is soms baie hard en gevaarlik. Jesus het dit geweet; daarom het Hy altyd na die wil van sy Vader gesoek. Hy het geweet dat as Hy gehoorsaam is aan sy Vader, niks Hom kan seermaak nie, tensy dit sy Vader se wil vir Hom is. Jesus het by meer as een geleentheid gesê dat Hy niks uit sy eie wil doen nie, maar net wil doen en verkondig wat die Vader Hom geleer het.

Dan gee Hy die versekering dat God wat Hom gestuur het, by Hom is. Hy het Hom nie alleen gelaat nie. Waarom nie? Jesus antwoord: Omdat Hy altyd doen wat God wil.

As jy sekuriteit wil hê en veilig wil wees in God, doen dan wat Hy van jou vra, en jy sal onbevrees kan aangaan met jou lewe, selfs al gaan jy deur ’n vallei van dood, dan weet jy verseker dat Hy ook daar met jou sal wees (Psalm 23:4). Die veiligste plek op aarde is binne God se wil.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Die veiligste plek

Die lewe is nie vir sissies nie. Dit is soms baie hard en gevaarlik. Jan de Wet wil jou daarom herinner dat Jesus ons verseker het dat elke mens, en veral sy kinders, vir God baie kosbaar is. Ons moet dus nie bang wees nie, maar op Hom vertrou. Skep dan moed, Christen! God is by ons en sy liefdevolle sorg is ons veilige hawe.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za