10 Gebede vir donker daeVoorbeeld

Lig in die donker
Here, dit maak nie saak in watter rigting ek draai nie – ek sien net pyn. Hartseer en frustrasie het my emosies oorgeneem, terwyl lag en vreugde soos ’n herinnering uit die verre verlede voel. Ek is bang ek sal só laag sink of so diep seerkry dat ek nooit weer sal herstel nie. Ek wonder of my stryd my eensaam en gebroke sal laat.
U – en slegs U – is die lig in my duisternis. Niks wat ek ervaar, is ’n geheim vir U nie. Geen probleem is te groot vir U om op te los nie, en niks kan my vir U wegsteek nie. Ek vertrou dat U na my soek, my sal vind en my na “oop ruimtes” (2 Samuel 22:20) van veiligheid en vrede sal dra. Ek vertrou dit sal weer goed gaan met my omdat U my liefhet.
Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Depressie kan ’n mens eensaam en sonder hoop laat voel, asof daar niemand is wat jou hart verstaan nie. God verstaan wel en Hy is nooit te ver om die gebed van jou hart te hoor nie. Hierdie leesplan is ’n samestelling van 10 gebede om vir jou hoop te bied te midde van angs en depressie, deur kosbare tyd by jou hemelse Vader deur te bring.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za
Verwante Leesplanne

Kaalvoet Sielsgedagtes

As ek weer kon sê

Sy Glorie, My Storie: Ingesluit in Sy Heerlikheid

DIE ROOI TOU: 'n verhaal van redding en hoop

Die Wetboeke (Die Groot Storie Leesplannne no. 2)

Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein Profete

GAAN JY HOM MIS?

Kom saam, Ontdek wysheid uit die Woord.

Mislukking Is Nie Die Einde Nie
