Wees Bly - Vier die AdventtydVoorbeeld

Wees Bly - Vier die Adventtyd

DAG 19 VAN 29

Die vrees van God

Lees: Lukas 1:49-50, Lukas 12:1-8, Hebreërs 12:25-29

SOAP: Lukas 1:50

"Hy bewys ontferming van geslag tot geslag aan dié wat Hom eer."

Oordenking

Dwarsdeur haar lied het Maria ‘n diepe eerbied vir God geopenbaar. Ongelukkig is daar nie veel eerbied vir God in ons wêreld nie. Baie mense glimlag net wanneer hulle van God se gebooie hoor. In hulle gedagtes sou God, as Hy bestaan, nie so wreed wees om mense vir hulle ongehoorsaamheid te straf nie. Niemand is immers perfek nie, en ons probeer almal net ons bes. Sommige sal sê: “Ons is regtig nie so sleg nie, en God het baie begrip.” Daar is baie vertroue in mense se goedheid en God se heiligheid word ondergeskik gestel.

Om God te vrees beteken om Hom diep te respekteer en noukeurig te luister na wat Hy sê. Dit beteken om sy waarskuwing oor sonde en hel ernstig op te neem. Dit beteken om te weet dat omdat God heilig, kragtig en regverdig is, ons definitiewe vernietiging in die gesig sou staar as ons in opstand teen Hom sou lewe. Ons kan God net vrees as ons sien hoe Hy is. Ons kan Hom deur die Bybel leer ken.

Hoe duideliker ons God se heiligheid sien, hoe meer sal ons ‘n behoorlike eerbied vir Hom ontwikkel. Ons sal onsself en ons sonde ook duideliker in sy lig sien. Dit sal ons laat treur as ons besef dat ons nie in ons eie geregtigheid voor ‘n regverdige God kan staan nie. Vrees vir God sal nederigheid en ‘n sensitiewe hart voortbring.

Maria het geweet dat God vol genade en deernis was toe Hy mense in hul sonde en desperaatheid gesien het. Ons weet ook wat Maria nog nie geweet het nie. Die enigste veilige plek van God se straf is die kruis, die plek waar Jesus, God self, vir ons sondes gestraf is. Dit is waarheen ons gaan vir vergifnis en toevlug. Hier is ons nie meer bang vir God nie, maar verheug ons eerder in sy genade. God het ons in sy goedertierenheid van sy eie toorn gered. En, soos Maria, sal ons ook ons vrees vir ander mense, hulle opinies en oordele verloor, aangesien ons net God vrees.

Gebed

Hemelse Vader, help my om U meer te vrees en ander mense minder. Amen.

Dag 18Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

Wees Bly - Vier die Adventtyd

Het jy al ooit gewonder waarom ons gedurende die Adventtyd so baie jubel en sing? Die eerste liedere oor die geboorte van ons Verlosser is in die evangelie van Lukas opgeteken en is deur eerste-eeuse Jode gesing - Maria, Sagaria, Simeon asook 'n wonderlike engelekoor. Ons gaan vir vier weke luister hoe hierdie toegewyde Jode en die engele aan hulle blydskap uitdrukking gegee het met die geboorte van die langverwagte Messias.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://afrikaans.lovegodgreatly.com/