Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein ProfeteVoorbeeld

Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein Profete

DAG 3 VAN 29

Week 1 / Bekering en Herstel

God se Herhaalde Roepstem

Lees: Deuteronomium 30:17-20; Esegiël 33:10-11

SOAP: Deuteronomium 30:17-18

Maar ek verkondig vandag aan julle: As jy van die Here af wegdraai en Hom nie gehoorsaam nie en as jy jou laat verlei om ander gode te vereer en te dien, sal julle almal omkom; julle sal nie lank bly woon in die land wat jy in besit gaan neem sodra jy deur die Jordaan getrek het nie.

Oordenking

God het die volk Israel sy uitverkore nasie gemaak, nie omdat hulle spesiaal is nie, maar as gevolg van sy groot liefde. Hulle was afgesonder om die wêreld te seën en te wys hoe 'n verhouding met God en ‘n heilige lewe, wat slegs geloof en gehoorsaamheid vereis, lyk.

As die mense God sou vertrou, Hom eerste stel en gehoorsaam, sou hulle veilig in die land woon. Die mense het egter herhaaldelik gekies om hierdie verbond te verwerp, hulle na afgode te wend en die weë van die valse gode van die nasies om hulle te volg.

Maar God is geduldig. Hy het die volk Israel talle geleenthede gegun, oor honderde jare van geleenthede om hulle te bekeer, om weg te draai van hulle verwerping van God en terug te draai na Hom met hulle hele hart. In plaas daarvan het hulle aangehou om ongehoorsaam te wees, dus het God hulle oorgegee aan hulle begeertes. Dit het gelei tot die verdeling van Israel in twee koninkryke, die mense wat deur buitelandse nasies oorwin is, en uiteindelik in ballingskap weggestuur is.

God het baie profete voor, tydens en na die ballingskap gestuur om die mense te waarsku en hulle te roep tot bekering. Dit is die konteks van die klein profete. Hulle word "klein" genoem net as gevolg van hul lengte en nie hul betekenis nie. In hierdie studie sal ons vyf van die twaalf klein profete dek. Deur hierdie boeke sal ons ons opsoekendeGod sien wat nooit tou opgooi met sy mense nie, wat hoop bring ondanks aanhoudende rebellie.

Waar is jy vandag? Ignoreer jy God se roep om terug te keer na Jesus, soos Israel eens gedoen het? Sonde mag aanloklik wees, maar dit bied net kortstondige plesier en laat jou gebroke.

Jesus se arms is oop, bied veiligheid, warmte, vergifnis en vryheid. Al wat dit verg, is jou eerste stap.

Gebed

God, dankie dat U aanhou om mense terug te roep na U toe. Help my om raak te sien waar ek probeer om my eie weg te volg en trek my terug in u liefdevolle arms in. In u naam. Amen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein Profete

God se Woord bied ‘n boodskap van hoop. Selfs te midde van sonde en swaarkry, hou God nooit op om ons op te soek en na Hom terug te lei nie. In hierdie Bybelstudie gaan ons in die boeke van die klein profete delf om God te sien wat ons opsoek en wat beide getrou en regverdig is. Hierdie dagstukkies sal jou help leer hoe ‘n lewe van gehoorsaamheid lyk.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans