BibleProject | Verlossing in die BybelverhaalVoorbeeld

BibleProject | Verlossing in die Bybelverhaal

DAG 1 VAN 8

Verlossing is ’n terugkeer na Familie

Welkom by die eerste dag van die Verlossing leesplan. Ons gaan elke dag diep delf in die Bybel se ryk en veelsydige konsep van verlossing deur sleutelgedeeltes uit die Ou en Nuwe Testament te ondersoek Alhoewel die woord “verlossing” vir baie van ons bekend is, gebruik ons dit nie almal op dieselfde manier nie. Jy kan dalk sê dat jy van 'n frustrerende persoon "verlos" is, terwyl iemand anders dalk van redding praat as “God se verlossingswerk“. Die Bybel verbind soms verlossing met diereoffers, waaronder “die bloed van die Lam” (sien vandag se video). Wat beteken hierdie woord dan? Die boek Eksodus is ’n nuttige beginpunt vir hierdie vraag.

Eksodus begin met God wat die Israeliete van slawerny uit Egipte bevry. Die magsbehepte Farao tree op asof hy Israel as sy eiendom besit, maar God sê vir Moses dat Hy hulle sal verlos en hulle na Hom toe sal terugbring (Eksodus. 6:6-7). Wanneer God mense herenig met hulle gesinne (nadat hulle deur iemand anders weggeneem is), verlos God hulle. Hulle gaan terug huis toe.

In die volgende sessies sal ons ondersoek hoe Farao se koppige weiering om Israel vry te laat tot ’n legendariese konfrontasie lei. God se verlossingswerk is onstuitbaar, en sy belofte om Israel uiteindelik te verlos, brei uit na die hele skepping.

Vandag se gedeelte beklemtoon een aspek van die Bybelse konsep van verlossing: Verlossing gaan oor die terugkeer na jou ware familie.

Oordenking:
Wat simboliseer die lam of die lam se bloed volgens die Verlossing video?
Hoe beskryf Deuteronomium 7:7-11 God se rede waarom Hy die Israeliete van slawerny verlos het? Wat sê dit vir ons omtrent God se karakter?

Aangaande hierdie leesplan

BibleProject | Verlossing in die Bybelverhaal

BibleProject het hierdie plan ontwerp om individue, gesinne en groepe te help om na te dink oor sleutelgedeeltes wat die Bybel se veelsydige tema van verlossing uitlig. Wat is verlossing? Hoe werk dit? Wat is die doel daarvan? Deur middel van die Skrif, kort video’s en vrae volg hierdie plan die tema van verlossing vanaf Israel se eksodus tot by Jesus se verhaal en selfs verder en wys hoe God mense uit slawerny en dood red tot vryheid, liefde en ware rus.

More

Ons wil graag BibleProject bedank vir hierdie plan wat hul ontwerp het. Besoek gerus: www.bibleproject.com vir meer inligting