Van die Begin tot in EwigheidVoorbeeld

Van die Begin tot in Ewigheid

DAG 1 VAN 43

Welkom by ons studie: Van die begin tot in ewigheid.

In Van die begin tot in ewigheid: Spoor God se onveranderlike liefde na, gaan jy op ‘n ses weke lange reis om die meta-naratief, of die groot verhaal van die Skrif, te ondersoek. Ons sal die groot bewegings van God se verbonde en soewereine getrouheid beklemtoon.

As jy al ooit gewonder het hoe die boeke van die Bybel saam werk en waarna alles heenwys, is die studie Van die begin tot in ewigheid vir jou.

Ons sien daarna uit om in God se Woord te delf en die onveranderlike liefde van God wat deur die Skrif en ons lewens heen opgeteken is, te ontdek.

__________________________________________

Hier by "Love God Greatly Afrikaans" gebruik ons die "SOAP"-metode vir ons Bybelstudies.

Wat is SOAP?

Hierdie metode maak dit vir jou moontlik om dieper in die verse te delf en meer te sien as wanneer jy net eenvoudig die verse lees en dan aangaan. Ons wil jou aanmoedig om tyd in te ruim om die daaglikse verse te lees en self te sien hoeveel meer jy elke dag uit jou stiltetyd kan kry.

Wat beteken "SOAP"?

Die S staan vir "Scripture":

Jy skryf die teksverse neer. Jy sal verbaas wees om te sien wat God in sy Woord aan jou openbaar deur net tyd in te ruim om die verse neer te skryf.

Die O staan vir "Observation":

Wat sien jy in die verse wat jy lees? Wie is die gehoor? Is daar ‘n herhaling van woorde? Watter woorde staan vir jou uit?

Die A staan vir "Application":

Dit is wanneer jy die Woord van God persoonlik toepas. Wat sê God vandag vir my? Hoe kan ek dít wat ek nou net gelees het in my eie lewe toepas? Is daar iets wat ek moet doen? Watter veranderinge moet ek aanbring?

Die P staan vir "Prayer":

Bid tot God en praat met Hom oor die Skrifgedeelte wat jy so pas bestudeer het. As Hy iets aan jou in sy Woord geopenbaar het, bid daaroor. Bely die sonde in jou lewe wat Hy vir jou uitgewys het.

___________________________________________

Inleiding:

Ons is storiemense. Ons hou daarvan om te hoor van 'n probleem wat opgelos is, van goed wat kwaad oorwin het, en van gelukkige eindes. Die Bybel is die oorspronklike en wonderlikste verhaal wat daar is, want dit is waar. Van begin tot einde vertel die Skrif vir ons van God se reddingsplan deur Jesus en van sy onveranderlike liefde.

Terwyl ons wêreld aanhou soek na lewe en hoop in alles behalwe God, bly die Skrif die een bron van ware vryheid en doel. Dit is nie ‘n klomp lukrake boeke bestaande uit antieke teks wat saam geplaas is nie. Die Woord van God is onfeilbaar en is van toepassing op ons lewens vandag.

In hierdie studie gaan ons kyk na die meta-narratief, of die groot verhaal, van die Skrif. Ons sal groot bewegings van God se verbonde en soewereine getrouheid uitlig.

Van God se volmaakte skepping tot die val van die mensdom deur sonde, tot die roeping van Abraham en die vorming van die Israeliete, tot die heerskappy van koning Dawid en die ballingskap van Israel, vertel die Ou Testament die verhaal van God se belofte van 'n komende Redder en sy onveranderlike karakter.

Die Nuwe Testament lui die langverwagte Verlosser, Jesus Christus in, van sy geboorte, lewe, dood en opstanding tot die begin van die kerk en die beloofde wederkoms van Christus en sy glorieryke heerskappy vir ewig.

Die Woord van God is lewend en kragtig (Hebreërs 4:12). Die waarhede in die Woord van God bied antwoorde op die vrae waarna ons siele smag. Deur middel van die Woord van God verstaan ons wat ons doel en sending in hierdie lewe is, en die hoop op die lewe wat nog kom saam met Hom, omdat ons in Christus vertrou.

Sluit by ons aan terwyl ons leer oor God se onveranderlike liefde wat waar was gedurende Bybeltye en waar is vir jou vandag.

Aangaande hierdie leesplan

Van die Begin tot in Ewigheid

Reis vir ses weke lank saam met ons om die meta-naratief, of die groot verhaal van die Skrif te ondersoek. Van die begin tot die einde vertel die Skrif van God se reddingsplan deur Jesus en van sy onveranderlike liefde. Die Woord van God is lewend en kragtig. As jy al ooit gewonder het hoe die boeke van die Bybel saam werk en waarna alles heenwys, is hierdie studie vir jou.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans