30 Dae in PsalmsVoorbeeld

30 Dae in Psalms

DAG 30 VAN 30

'n Geroep na geregtigheid

“Moet my nie wegvoer saam met goddeloses nie – mense wat onreg pleeg, wat oor vrede praat met hulle naaste terwyl daar kwaad in hulle harte is. Vergeld hulle ooreenkomstig hulle dade, hulle bose optrede; vergeld hulle vir hulle handewerk, gee hulle hulle verdiende loon” (Psalm 28:3-4 AFR20).

Dawid se situasie lyk nie goed nie. Hy het dringend God se hulp nodig. “Na U, Here, roep ek! My Rots, moet U nie vir my doof hou nie, sodat ek nie, wanneer U teenoor my sou swyg, word soos dié wat in die put afdaal nie” kla hy in Psalm 28:1 (AFR20). Dawid is aan die einde van sy krag. Sonder God se hulp is hy verdoem. Dawid se probleme het te doen met “die goddeloses” wat vrede spreek met hulle vriende, maar intussen onreg aan ander doen. Dawid kan nie teen sulke mense opstaan nie. Hy wil ook nie persoonlik wraak neem nie. Hy vra God om hulle te vergeld vir hulle bose dade. 'n Paar verse later kyk hy met dankbaarheid terug: “Die Here moet geprys word, want Hy het na my smeekgebed geluister” (Psalm 28:6 AFR20).

Dawid is beslis nie die enigste een wat met onregverdige, kwaadwillige mense te doen het nie. Miskien ken jy ook sulke mense. Hoe hanteer jy sulke situasies? Kan jy Dawid se voorbeeld volg en die Here God vra om die kwaad te vergeld? Jy kan selfs die slotwoorde van hierdie psalm in jou gebed opsê: “Verlos tog u volk en seën u erfdeel; wees vir hulle 'n herder en dra hulle vir altyd!” (Psalm 28:9 AFR20).

Hierdie oordenking is die laaste een van dié reeks. Vir 30 dae het ons oor 'n wye reeks psalms nagedink. Watter het die meeste met jou gepraat, en watter het jy die opbouendste gevind?

Vir meer leesplanne, besoek die GlobalRize-bladsy binne YouVersion. Artikels oor God, die Bybel en die Christelike lewe, kan gevind word op ons webwerf: www.bybelwoord.net.

Aangaande hierdie leesplan

30 Dae in Psalms

Die boek Psalms bevat 150 gedigte en liedere. Dit is gedigte wat die pyn, vrees, vreugde en hoop uitdruk van mense wat hul vertroue in God stel. Hierdie 30-dae leesplan nooi jou uit om te ontdek hoe die eeueoue woorde jou kan help om jou eie emosies uit te druk, nuwe hoop te vind en jou geloof te versterk.

More

Ons wil graag GlobalRize bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.globalrize.org