Wegkruipplek OordenkingVoorbeeld
Rus vir die Pad
Ek is iemand wat die groot prentjie raaksien. Wanneer ek kyk na die missie van ma-wees, dan sien ek die grootmense wat my kinders eendag sal wees. Ek dink oor hul passies en drome. Ek dink oor hoe hulle ons huis sal onthou. Ek wil graag hê dat hulle moet vry voel om te wees wie hulle is en om te groei na selfversekerde volwassenes. Ek wil hê dat hul kinderjare vol vreugde moet wees. Ek wil ook hê dat hulle sal leer hoe om deur te druk wanneer dinge moeilik raak. Ek wil hê dat hulle Jesus moet ken en vir Hom moet lewe. Ai, ek wil so baie vir hulle hê ...
Dan begin ek wonder hoe ons van punt A na punt B gaan kom — en wat van al die ander goed in die middel? Voor ek myself kom kry, is ek besig om hard asem te haal en te sweet en ek wonder: "wanneer kan ek weer bietjie asem skep ... of 'n uiltjie knip?"
Ma-wees is geen klein prestasie nie. Hierdie klein lewentjies gaan 'n invloed op die wêreld hê. Sjoe — dis ernstig. Daar is so baie wat nog gedoen moet word!
Moses het ook 'n missie gehad. God het hom geroep om sy mense, sy kinders, na die beloofde land te lei.
Lees Eksodus 33:12-13.
Ek is gek oor Moses. Hy klink hier so menslik ... soos ek.
God se antwoord is die hoop waarna ons smag.
Lees Eksodus 33:14.
VREDE! Daar het jy dit! Ons sal verseker rus vind in sy teenwoordigheid. Hy sal PERSOONLIK saam met ons gaan. SAAM MET ons. Ek wil regtig hê dat jy dit moet verstaan. Ons God hou ons nie van 'n afstand af dop nie. Ons God is HIER. Op hierdie oomblik.
Dan gaan Moses aan met sy menslike manewales.
Lees Eksodus 33: 15-18.
Moses se woorde weerspieël 'n desperate, moeë hart. Totaal moedeloos en op sy laaste. Ek was ook al daar.
Ek hoor my eie stem as ek daardie vers lees. Ek het daardie woorde al self gebid — so te sê woord-vir-woord. "As U nie self saamgaan nie, moet U ons nie van hier af laat wegtrek nie." Ons word elke dag geroep om ons trots agter te laat en nederig te lei. Dit is iets wat ons sekerlik nie sonder die Here kan aandurf nie.
Ons God is medelydend en vol begrip. Hy het geweet dat Moses tasbare vrede nodig gehad het. So Hy het hom in 'n rotsskeur gesit en hom met sy magtige hande toegemaak en hom toegelaat om 'n sweempie van sy glorie te sien.
Mamma, moenie bekommerd wees nie. Wanneer God ons in sy hande wegsteek en ons met sy teenwoordigheid omvou, sal ons sekerlik sy glorie beleef en alles ontvang wat ons nodig het vir die pad.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Is daar nie tye wanneer jy as 'n ma net wil wegkruip nie ... byvoorbeeld in die spens met 'n sjokolade stafie? Weggesteek van die storms van die lewe en die gewig van verantwoordelikhede. Weggesteek van die geraas. Weggesteek van die roetine. Weggesteek van ons taak-lysies. Weggesteek van ons titel. Net weggesteek en alleen met Christus waar ons kan hoor hoe Hy ons by die naam roep. Weggesteek, waar ons sy oorwinningsliedere kan toelaat om ons ore te vul.
More
We would like to thank Thrive Moms for providing this plan. For more information, please visit: www.thrivemoms.com