Soekresultate
SPREUKE 27:9 (AFR83)
Reukolie en wierook is iets om te geniet, maar die genot van vriendskap lê in die raad wat jy kry.
GENESIS 33:8 (AFR83)
Toe vra Esau: “En wat is jou bedoeling met al daardie goed wat ek gekry het?” en Jakob antwoord: “Dit is om u vriendskap te wen.”
JAKOBUS 4:4 (AFR83)
Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie 'n vriend van die wêreld wil wees, wys daarmee dat hy 'n vyand van God is.
SPREUKE 27:5 (AFR83)
'n Openlike bestraffing is beter as liefde wat onsigbaar bly.
SPREUKE 18:3 (AFR83)
Waar daar goddeloosheid kom, kom daar krenkende optrede, en saam met die belediging kom die skande.
JOB 22:21 (AFR83)
“Onderwerp jou aan God, dan sal jy in vrede leef, en so sal jy voorspoed hê.
SPREUKE 20:6 (AFR83)
Baie gee te kenne dat hulle getrou is, maar wie kan 'n werklik betroubare mens vind?
SPREUKE 22:24 (AFR83)
Moenie maats maak met 'n opvlieënde mens nie, moenie saamgaan met een wat kort van draad is nie:
SPREUKE 1:24 (AFR83)
“Ek het geroep en julle wou nie luister nie, ek het my hand uitgesteek en julle het dit nie gegryp nie.
SPREUKE 16:6 (AFR83)
Liefde en trou bring versoening waar daar verkeerd gehandel is; kwaad word vermy deur die Here te dien.
SPREUKE 17:9 (AFR83)
Wie 'n verkeerde optrede teenoor homself verontagsaam, soek goeie verhoudinge; wie 'n saak bly ophaal, bring verwydering tussen vriende.
JOHANNES 15:9 (AFR83)
“Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly.
JOSUA 9:14 (AFR83)
Die Israeliete het na die padkos gekyk, maar nie die Here geraadpleeg nie.
2 SAMUEL 1:26 (AFR83)
Ek is bedroef oor jou, my broer Jonatan. Jy was baie na aan my hart. Jou liefde was vir my wonderliker as die liefde van enige vrou.
2 SAMUEL 16:17 (AFR83)
Toe vra Absalom vir hom: “Is dit hoe jy jou lojaliteit teenoor jou vriend wys? Waarom het jy nie saam met hom gegaan nie?”
1 SAMUEL 20:17 (AFR83)
Jonatan het Dawid dit met 'n eed vir hom laat belowe vanweë sy liefde vir hom, want hy het hom liefgehad soos homself.
JAKOBUS 2:17 (AFR83)
So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood.
JOHANNES 10:9 (AFR83)
Ek is die ingang; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word. Hy sal in en uit gaan en weiding kry.
JOHANNES 3:36 (AFR83)
Wie in die Seun glo, het die ewige lewe; wie egter aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die straf van God bly op hom.”
OBADJA 1:7 (AFR83)
Al jou eie bondgenote sal jou oor jou grense jaag en jou in die steek laat. Jou eie vriende sal jou oorrompel, mense vir wie jy kos gegee het, sal vir jou strikke stel waar jy dit nie verwag nie.
MATTEUS 10:42 (AFR83)
Wie aan een van hierdie geringstes net 'n beker koue water gee omdat hy my dissipel is, sál sy beloning kry. Dit verseker Ek julle.”
JESAJA 36:16 (AFR83)
Moenie na Hiskia luister nie, want so sê die koning van Assirië: ‘Maak vrede met my en kom uit na my toe, dan sal elkeen die vrugte van sy eie wingerdstok en van sy eie vyeboom eet en uit sy eie put water drink
2 KONINGS 18:31 (AFR83)
Moenie na Hiskia luister nie, want só sê die koning van Assirië: Maak vrede met my en kom uit na my toe, dan sal elkeen die vrugte van sy eie wingerdstok en sy eie vyeboom eet en uit sy eie put water drink
JEREMIA 38:22 (AFR83)
al die vrouens wat nog oor is in die koning van Juda se paleis, sal uitgelei word na die koning van Babel se offisiere toe, en hulle sal sê: “ ‘Die koning van Israel se beste vriende het hom mislei, hulle het hom omgepraat; hulle het hom van die wal af in die sloot gehelp en hom toe in die steek gelaat.’
1 KRONIEKE 19:2 (AFR83)
en Dawid het gedink: ek wil met Nagas se seun Ganun op goeie voet bly, want sy pa was my goedgesind. Dawid het toe gesante gestuur om met hom deelneming te betuig oor die dood van sy pa. Toe die amptenare van Dawid in die land van die Ammoniete by Ganun kom om met hom deelneming te betuig,