Logò Ngwá Baịbụl
Akara Eji Eme Ọchịchọ

PSALMS 112

112
Die regverdige sal nooit wankel nie
1Prys die Here!
Dit gaan goed met elkeen wat die Here dien,
wat al sy vreugde vind in die gebooie van die Here.
2Sy nageslag is 'n sterk krag in die land,
die geslag van die opregte word geseën:
3daar is oorvloed en rykdom in sy huis.
Wat hy doen, is reg en blywend:
4hy laat sy lig in die donker uitstraal vir die opregtes,
hy is genadig, barmhartig en regverdig.
5Dit is 'n goeie mens wat hom ontferm en wat uitleen
en in al sy sake reg optree.
6Die regverdige sal nooit wankel nie,
hy sal altyd onthou word.
7Vir slegte tyding is hy nie bevrees nie,
hy is gerus, hy vertrou op die Here.
8Hy voel hom veilig, hy is nie bevrees nie:
hy sal die neerlaag van sy vyande aanskou.
9Hy gee mildelik vir die armes.
Wat hy doen, is reg en blywend.
Hy geniet hoë aansien.
10Die goddelose sien dit en raak ontsteld,
hy kners op sy tande van magteloosheid.
Van die begeertes van die goddelose kom daar niks.

Nke Ahọpụtara Ugbu A:

PSALMS 112: AFR83

Mee ka ọ bụrụ isi

Mapịa

Lee anya n'etiti ihe abụọ

Kesaa

None

Ịchọrọ ka echekwaara gị ihe ndị gasị ị mere ka ha pụta ìhè ná ngwaọrụ gị niile? Debanye aha gị ma ọ bụ mee mbanye