Gratis leesplanne en oordenkings oor JESAJA 40:9

Die Kersfees Storie
5 Dae
Die storie oor die geboorte van Christus is die middelpunt van ons viering van Kersfees. Hierdie leesplan boekstaaf die nederige begin van 'n Verlosser waarvoor die wêreld vir eeue reeds wag. Hierdie kort versameling leesstukke verbind ons met die koms van Immanuel, `n God wat met ons is.

BibleProject | Ontdek die tema van die Eksodus-weg in die Skrif
8 dae
Hierdie leesplan volg die tema van die Eksodus-weg deur fundamentele verhale in die Ou Testament, sleutelvertellings oor Johannes die Doper, Jesus — en ander gedeeltes waar die hele skepping verlossing ervaar. Saam stel hierdie gedeeltes die eksodus nie as een gebeurtenis voor nie, maar as God se primêre manier van redding – ’n uitweg uit die duisternis, deur herskepping en 'n nuwe lewe in.

Die God Wat Herstel
29 dae
Met Kersfees vier ons Christus se eerste koms, terwyl ons wag en uitsien na sy wederkoms. Ons dink aan die gebrokenheid van ons wêreld en hoe Hy herstel en heelheid gaan bring wanneer Hy kom. Ons loof Christus met vreugde omdat ons ons hoop op Hom stel. Hierdie Bybelstudie neem ons deur die Adventstyd, ‘n tydperk van wag en groot verwagting op die koms van ons ewige Koning.