Gratis leesplanne en oordenkings oor JAKOBUS 2:17

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Armes, Behoeftiges en Barmhartigheid
5 dae
Baie mense wil nie vir armes gee nie omdat hulle dink arm mense is lui, dom en onverantwoordelik. Soms is dit waar, maar in die meerderheid van gevalle is dit geensins waar nie. Baie arm mense is 'n 'n siklus van armoede vasgevang waaruit hulle nie kan kom nie.

GAAN JY HOM MIS?
5 Dae
Yeshua kom terug! Die onvermydelike terugkeer van Yeshua is 'n waarheid wat ons binne die dieptes van ons wese moet koester. Dit is 'n idee wat deur ons siele weergalm, en weergalm in die kamers van ons gees. Die heilige tekste spoor ons aan om die verantwoordelikheid van gereedheid te dra, en herinner ons daaraan dat dit op ons rus om waaksaam te wees vir sy terugkoms. Wie in die Bybel het al vir Yeshua gewag? Wat doen ons totdat Hy terugkeer? Wat is ons verwagting? Sluit by ons aan op hierdie grootse avontuur!

Verspotte Liefde met Francis Chan
7 Dae
Geneem uit die New York Times se Topverkoper boek "Crazy Love". Francis Chan delf diep in God se wonderbare, heerlike, onbeskryflike liefde vir ons, en hoe ons gepaste reaksie op so 'n liefde moet lyk. Hy hou egter nie daar op nie; hy daag ons uit om na te dink oor God se grootheid en die groot verskil tussen sy ewige heerlikheid en ons tydelike lewe hier op aarde.

Geloof
12 Dae
Is om te sien, om te glo? Of is dit eerder dat ek glo omdat ek sien? Hierdie is vrae oor geloof. Hierdie leesplan bied 'n indiepte studie oor geloof—van die Ou Testamentiese stories van werklike mense wat groot geloof getoon het in onmoontlike omstandighede, tot by die leringe van Jesus oor geloof. Deur hierdie plan te volg sal jy aangemoedig word om in 'n dieper verhouding met God te tree en 'n meer toegewyde volgeling van Jesus te word.

Ten volle Toegewyd: 'n Inleiding
14 Dae
Wil jy groei in jou verhouding met God, die Bybel beter verstaan en leer hoe jy vandag vir Jesus getrou in ons wêreld kan volg? Met die Bybelse verhaal as ons gids, kom ons ontdek waarhede en ontwikkel vaardighede wat ons sal help om ten volle toegewyde volgelinge van Christus te word. Hierdie leesplan is deel 1 in 'n reis van 9 dele.

Jakobus
18 Dae
As jy 'n gelowige in Jesus Christus is, dan moet jou optrede jou nuwe lewe weerspieël; stel jou geloof in aksie. Reis daagliks deur Jakobus terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.

Jakobus
27 Dag
Die boek van Jakobus word dikwels vergelyk met die wysheidsliteratuur wat in Spreuke gevind word. Dit is 'n kort boek, maar is gevul met kragtige lesse oor 'n godsvrugtige lewe. In hierdie 4 weke Love God Greatly studie kyk ons dieper na God se wysheid oor lyding, die krag van gebed, die belangrikheid om die tong te beheer, en die gevare van rykdom. Jakobus daag ons uit om nie net te praat nie, maar om tot die daad oor te gaan; om ons geloof uit te leef in 'n moedige strewe na heiligheid. Maar omdat niemand van ons perfek is nie, is dit belangrik om Jakobus te lees deur die lens van die evangelie. Soos jy hierdie boek bestudeer, soek na die dinge waar jy tekortskiet en bely dit, word bemoedig deur Christus se oorvloedige genade en word gemotiveer om 'n godsvrugtige lewe te leef deur Sy krag en vir Sy glorie.