Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 2:10

'n Paasfees en Kersgebeure
3 Dae
Nadenke oor Goeie Vrydag se gebeure soos deur karakters uit die Kersspel vertel. 'n Verbeeldingryke verkenning van die wonder van die Kersgebeure en die offer van die kruisiging.

Dit Het Gebeur (Waardig, Waardig) Uit "Vertical Worship"
5 Dae
Die Kersverhaal is oorbekend. Baie mense het dit al van kleins af op die een of ander manier gehoor. Die kriptonele, die herders en die wyse manne is almal deel van die kulturele verhaal wat oor die afgelope tweeduisend jaar vertel en oorvertel is. Met so 'n bekende verhaal is dit maklik om te dink dat daar niks nuuts is om te leer nie. Tog, die Woord van God is lewend en aktief — wat beteken dit werk in ons op nuwe maniere, elke keer wat ons dit deurdink.

Die Kersfees Storie
5 Dae
Die storie oor die geboorte van Christus is die middelpunt van ons viering van Kersfees. Hierdie leesplan boekstaaf die nederige begin van 'n Verlosser waarvoor die wêreld vir eeue reeds wag. Hierdie kort versameling leesstukke verbind ons met die koms van Immanuel, `n God wat met ons is.

Jesus ruik na mirre en stof
7 dae
By sy geboorte het Jesus na mirre geruik; daarna lees ons weer by die kruisiging van mirre. Tussen krip en kruis en graf het Jesus na baie dinge geruik. As timmerman het Hy na hout geruik, by sy dissipels op die skuite het Hy na vis geruik. Jesus ruik na mirre en stof sal Jesus op ’n unieke aardse manier aan jou bekendstel.

Maak oop jou geskenk
7 Dae
Om waarlik Kersfees te kan vier, moet ek en jy verstaan dat Jesus Christus ons grootste geskenk ooit is. As ons hierdie geskenk wat God so onverdiend vir ons gee, vat en oopmaak, sal ons nie anders kan as om dit ook aan ander uit te deel nie. Maak oop jou geskenk. Jy sal nooit spyt wees nie

Advent - O, Kom Laat Ons Hom Prys!
20 Dae
Advent is ’n vier-weke plan wat bedoel is om ons aandag te vestig op die nederige begin van die Redder van ons lewens. Hierdie studie sluit vier verhale van Matteus en Lukas in. Ons leer van God se heilige plan vir die geboorte van Jesus Christus en ondervind hoe dit was om teenwoordig te wees tydens hierdie gebeure. Die vraag-en- antwoordformaat kan vir gesins-eredienste, groepbesprekings en selfstudie gebruik word.

121 Advent
24 Dae
Die geboorte van Jesus, sy advent (koms), is God se uiteindelike plan vir ons verlossing. In Christus sien ons die volle prentjie van God se hoop, vrede, vreugde en liefde. Die Woord van God is die waarheid waardeur ons Hom ken en daagliks met Hom wandel. Dit is ons hoop dat hierdie leesplan jou sal bemoedig om persoonlike tyd in die Woord deur te bring en dat dit 'n bron sal wees vir gesinne met kinders om dit saam te lees.

Advent: Die Reis Tot By Kersfees
25 Dae
Kersfees is waarlik die grootste verhaal wat ooit vertel is: een van God se volmaakte getrouheid, krag, redding en onfeilbare liefde. Kom ons gaan die volgende 25 dae op reis om God se ingewikkelde plan te ontdek — om die wêreld van sonde te red en die belofte van die geboorte van sy Seun te vervul.

Kinders se Adventhuis
25 Dae
Liewe Mamma, voel dit of Kerstyd altyd in groot opwinding en chaos by jou verbyglip? Hierdie jaar kan dit anders wees. Ontdek hierdie Kersfees die kosbare liefde van Christus saam met jou kinders! Die Kinders se Adventhuis is 'n pragtige 25-dag leesplan, toegerus met 'n Adventhuis wat jy kan uitdruk. Dit sal help om jou kinders se harte op die Here te rig, en hierdie die mees betekenisvolle Kerstyd tot dusver te maak!

25 Dae tot Kersfees
25 Dae
Hierdie 25-dag leesplan berei ons harte vir Kersfees voor — spesifiek die boodskap van Kersfees en die rede vir Kersfees — Jesus. Kersfees en die aanloop na Kersfees toe, is 'n wonderlike tyd van die jaar. Daar is opwinding, nostalgie, afwagting en vakansie in die lug. Vir elke kind van God moet hierdie dinge nie ons aandag aflei van die rede en die boodskap van Kersfees nie.