Gratis leesplanne en oordenkings oor MATTEUS 6:7

Basiese Bybelbeginsels Verduidelik | Gebed
3 Dae
"Here, leer ons bid." Toe die dissipels vir Jesus gevra het om hulle in gebed te onderrig, het hy gereageer met 'n eenvoudige gebed wat oor die hele wêreld geliefd geword het. In hierdie Basiese Bybelbeginsels Verduidelik-reeks neem Peyton Jones ons deur die Ons Vader en verken die aard van gebed soos God dit bedoel het: as aanbidding, as oorgawe en afhanklikheid van God, en as oorlogvoering teen versoeking en boosheid.

Alles wat jy moet weet oor GEBED: Vrae & Antwoorde
4 Dae
Het jy vrae oor gebed? In hierdie 4-dag leesplan kry jy eenvoudige, Bybelse antwoorde oor God se luister, struikelblokke wat gebed kan belemmer, volharding, herhalende gebed, en wat om te doen wanneer God stil voel. Kom leer om met vrymoedigheid te bid, jou hart te ondersoek, en God met die uitkoms te vertrou.

Jy HET ‘n Gebed!
6 dae
Ontdek die beginsels wat nodig is om ‘n kragtige en effektiewe gebedslewe te bou. Gebed – om met God op ‘n persoonlike vlak te kommunikeer – is die sleutel wat dit moontlik maak om positiewe verandering in ons lewens en omgewings te sien. Geneem uit die boek, “Out of This World: A Christian’s Guide to Growth and Purpose” geskryf deur David J. Swandt.

Aangesteek: 'n Eenvoudige Gids vir Vrymoedige Gebed
6 Dae
Gebed is 'n geskenk, 'n ongelooflike geleentheid om in verhouding met ons hemelse Vader te wees. In hierdie 6-dag leesplan sal ons ontdek wat Jesus ons geleer het oor gebed en geïnspireer word om gereeld en met groot vrymoedigheid te bid.

Ontbrand: 'N Eenvoudige Gids Vir Vrymoedige Gebed
6 Dae
Gebed is 'n geskenk, 'n ongelooflike geleetheid om met ons Hemelse Vader in 'n verhouding te wees. In 6-dag-plan, sal ons ontdek wat Jesus ons geleer het oor gebed en geïnspereer word om konsekwent en met groot vrymoedigheid te bid.

Kaalvoet Op Heilige Grond
6 dae
'N VUUR WAT AANHOU BRAND. Dit is die wyse waarop God Homself aan Moses openbaar het. God betrek mense by wat Hy beplan en doen. Hy het uitgereik na Moses wat, soos ek en jy, by 'n vorige geleentheid die stokkie laat val het. Hy bemagtig hulle met sy Heilige Gees, wat 'n gebeds-honger in hulle harte wek en hulle in staat stel om sy plan uit te voer!

The Chosen + BibleProject: Reeks 2-Leesplan
6 Dae
The Chosen en BibleProject het hierdie leesplan ontwikkel om mense te help nadink oor Jesus se liefdevolle woorde en dade tydens sy openbare bediening. Hierdie ses-dag-leesplan bevat verwysings na The Chosen se tweede reeks, opsommings, besprekingsvrae en Skrifgedeeltes. Ontdek Jesus se kontrakulturele manier van liefhê, dink en dien, en waag om dieselfde te doen.

Gebede wat God altyd verhoor
7 dae
Vir baie gelowiges is frustrasie iets wat hulle gebedslewe karakteriseer, en dit voel meestal of God nie hoor as hulle bid nie. Dié dagstukkies, gebaseer op Stephan Joubert se boek GEBEDE WAT GOD ALTYD VERHOOR, wys aan die hand van Bybelse rigtingwysers hoe ons moet bid sodat God, wie se oor altyd na sy kinders gedraai is, sal luister.

The Chosen + BibleProject: Reeks 5-Leesplan
7 Dae
The Chosen en BibleProject het hierdie leesplan ontwikkel om mense te help nadink oor Jesus se identiteit en die aard van God se koninkryk, soos voorgestel in die Evangelies. Hierdie sewe-dag-leesplan bevat verwysings na The Chosen se vyfde reeks, opsommings, besprekingsvrae en Skrifgedeeltes. Hierdie leesplan ontgin temas in Jesus se laaste week in Jerusalem soos geregtigheid, gebed, status en die dood.

Die Wapenrusting Van God
5 dae
Die Wapenrusting van God is veel meer as net nog iets wat ons aantrek in gebed. Die Wapenrusting van God is wapens wat God s'n is en wat ons help om staande te bly teen die aanvalle van die vyand. Dit is nie net nog 'n prentjie van die wapenrusting nie. Dit is 'n leefstyl!

Geestelike Dissiplines en Evangelisasie
9 Dae
Die geestelike dissiplines speel 'n spesifieke rol in die Christelike ervaring — dit lei gelowiges om meer soos Jesus te word in hul gedagtes, woorde en dade. Hoe maak dit deel uit van ons roeping om die liefde van Jesus aan ander te toon en te bewys? Hierdie leesplan sluit agt van die geestelike dissiplines in om jou te help groei in geloof, sodat dit na ander toe sal oorloop!

In gesprek met my Here
15 dae
Al sukkel jy om die regte woorde te vind en al wonder jy of jou gebede ooit help, is gebed iets waarmee jy erns móét maak. Nina Smit word in 15 oordenkings saam met jou stil om dié belangrike onderwerp en sorg vir ’n positiewe inspuiting vir jou gebedslewe! Hierdie leesplan is saamgestel uit ’N LEWE NABY GOD deur Nina Smit.

21 Dae Vas
21 ditë
Begin jou nuwe jaar deur te fokus op die geestelike dissipline van vas. Hierdie plan sluit 'n verskeidenheid skrifgedeeltes oor vas in. Dit sal jou aanmoedig om tyd saam met God te spandeer en so nader aan Hom te kom. Jy sal vir 21 dae lank 'n Bybelgedeelte kry om te lees, met 'n kort oordenking en gebedsonderwerp.

21 Dae Gebed
21 Dae
Hallo Kerk, Centurion, se 21-dae-gebedleesplan wil jou aanmoedig om jou verhouding met die Here te verdiep en versterk. Jy sal jou help om jou gebedslewe te verdiep. Die leesplan bestaan uit kort dagstukke en Skriflesings vir elke dag. Om ons te kontak besoek gerus: www.hallokerk.co.za

Gebed
3 Weke
Leer hoe om volgens die gebed van gelowiges en volgens die woorde van Jesus te bid. Vind bemoediging om op `n daaglikse en aanhoudende basis jou versoeke met volharding en geduld na God te neem. Ondersoek voorbeelde van leë, selfbehaaglike gebede in vergelykking met opregte gebede van die met rein harte. Bid aanhoudend.

Die Beter Lees Plan
28 Dae
Voel jy oorweldig, ontevrede en in 'n groef vasgevang? Wens jy dat jou dag tot dag lewe kan verbeter? God se Woord is jou gids tot beter dae. Gedurende hierdie 28-dag plan sal jy maniere ontdek wat jou kan help om te verander van net 'n goeie lewe te leef, na die tipe beter lewe wat God vir jou begeer om te hê.
