Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 103:3

Helingstyd
5 Dae
Dikwels wanneer vooruitsig of hoop kwyn, raak ons klein in gees en postuur. Ons loop kop onderstebo en bou konneksie met die grond. Soms van balans af en wollerig. Ons hart, siel en totale menswees voel stukkend as gevolg van hartseer, trauma, ongewenste gebeure. Maar daar is heling te vind mits jy besluit om die reis saam met God aan te pak.

Leef doelgerig!
5 Dae
Hierdie vyf dae herinner ons daaraan dat geloof meer is as woorde — dis ’n lewenswyse. Ons is almal voltyds “op 'n missie” vir Jesus, geroep om liefde met dade te wys en om ander met respek en deernis te behandel. Hierdie leesplan help jou om met geloof, liefde en nederigheid te leef – elke dag, oral waar jy gaan.

Jesus: Ons Oorwinningsbanier
7 Dae
Wanneer ons Paasfees vier, vier ons die grootste oorwinning in die geskiedenis. Deur Jesus se dood en opstanding, het Hy vir altyd die krag van sonde en die graf oorwin, met al die daaropvolgende newe-effekte, en het Hy gekies om daardie oorwinning met ons te deel. Laat ons gedurende hierdie Paasfeesweek kyk na sommige van die vestings wat Hy oorwin het, nadink oor die stryd wat Hy vir ons gestry het, en Hom loof as ons Oorwinnaarsbanier.

Psalms Vir Die Pandemie
17 dae
Dis nie ‘n geheim dat die pandemie nie net fisiek is nie, maar dat dit ‘n groot invloed het op ons innerlike lewe. Jy is moeg. Ook uitgeput. Jy sukkel om op take te fokus. Elke dag voel na 'n klomp gebeurtenisse wat inmekaar vloei sonder hoogte- of laagtepunte. Als is ok, maar iets ontbreek.

Miga
29 Dae
In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”