Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 46:1

Sterk en Vasberade
4 dae
Die wêreld se probleme word daagliks groter. Die voortdurende gejaag van die lewe, die bedrywigheid en spanning, kan ons krag tap en ons swak en moeg laat voel. Hoe kan jy opstaan en sterk en vasberade lewe? Sluit aan by Bybeldosent Berni Dymet van Christianityworks en ontdek hoe jy in God se krag kan leef — nie jou eie nie — en ervaar die kragtige verskil wat dit maak.

Depressie
7 Dae
Depressie kan enige iemand van enige ouderdom affekteer vir baie redes. Hierdie 7 dag plan sal jou na die Berader toe lei. Maak jou gedagtes stil en jou hart oop terwyl jy die Bybel lees en jy sal vrede, krag en ewige liefde vind.

Trapklippe Na Shalom
12 Dae
In Judaïsme is die woord vrede — shalom — in die Hebreeuse woord shalem gegrond, wat "heel" of "voltooi" beteken. Ware shalom beteken dus dat verskillende partye doelbewus hul verskille eenkant toe skuif en ooreenkom om die goeie in die ander te sien, en dan nie slegs om langs mekaar te woon nie, maar tussen mekaar ter wille van 'n hoër doel. Hierdie leesplan verken 12 verskillende "trapklippe" wat ons kan lei om shalom in ons lewens te bereik.