Gratis leesplanne en oordenkings oor ROMEINE 12:2

Huwelikskrisis
6 dae
Die meeste van ons weet dat die huwelik nie altyd 'n wittebrood is nie, maar niemand is voorbereid op 'n huwelikskrisis nie. Ongelukkig bedreig diep wonde, buite-egtelike verhoudings, verslawing en egskeiding soveel huwelike. Daar is egter goeie nuus: dit maak nie saak watter krisis jou in die gesig staar nie, in Christus is daar steeds hoop. Wil jy meer hiervan weet? Begin hierdie hoopgevulde leesplan deur finds.life.church.

Wat Jesus Gesê Het Oor sy Heerskappy
6 dae
Die heerskappy van Jesus Christus is een van die mees verwaarloosde geestelike beginsels in die lewens van Christene. Ons leef ons Christelike lewens en dikwels word God vir ons iemand wat in al ons behoeftes moet voorsien, maar Hy is nie die Here nie.

Wat Behels Aanbidding?
7 Dae
Ons harte neig na aanbidding. Ons, as volgelinge van Christus, is deur God geskape om Hom te aanbid. Ons neig egter om ons bewondering en getrouheid aan mense en dinge te gee, eerder as aan God. Kom saam met ons op hierdie reis en delf dieper in wat aanbidding is en hoe ons kan leer om 'n lewenswyse te leef wat God eerste plaas.

Sewe Maniere om Jou Denke te Vernuwe
7 Dae
In Romeine 12:2 sê die apostel Paulus dat ons verander word deur die vernuwing van ons denke. Baie van ons dink dat sodra ons lewens verander, ons denke vernuwe sal word. Dis egter andersom. Toe ons gebore is, het die meeste van ons kop eerste die wêreld binnegekom. Wanneer jou denke vernuwing ondergaan, sal jou lewe verander. Onthou, waarheen jou denke jou lei, volg jou lewe.

Verander jou kop, verander jou lewe
7 dae
Hierdie leesplan, gebaseer op Stephan Joubert se boek VERANDER JOU KOP, VERANDER JOU LEWE, wys dat jou brein die vermoë het om jou lewe te verander wanneer jy jou denke in ’n nuwe rigting stuur. Lesers sal die skakel ontdek tussen hulle brein, hulle alledaagse lewe en hulle geloof.

Om die Oorlog in Jou Gedagtes te Wen
7 Dae
Die meeste lewensgevegte word in ons denke gewen of verloor. Hoe kan ons egter begin om meer van hierdie gevegte te wen? In hierdie 7-dag Bybelleesplan uit die boek van Pastoor Craig Groeschel van Life.Church, sal ons ontdek hoe om giftige gedagtes te beveg, om gedagtes wat buite beheer raak te oorkom, en om die oorlog in ons denke te begin wen, deur gebruik te maak van God se waarheid as ons gevegsplan.

Ware Spiritualiteit
7 dae
Hoe lyk ’n ware Christenlewe? Romeine 12, een van die kragtigste gedeeltes in die Woord, skilder vir ons die prentjie. In hierdie leesplan sal jy leer oor ware spiritualiteit namate God jou lewe omskep — jou gedagtes, sieninge oor jouself, verhoudings met ander en jou stryd teen die bose. Begin om die beste van God te ontvang en beïnvloed só die wêreld op ’n diepgaande manier.

Afhanklik – en Dis Oukei
7 hari
Soms trap ons almal in die strik om alles self te probeer hanteer. Ons moet eerder die “ek sal self”-optrede los en God vra om ons in al ons besluite te lei. So sal ons onsself nie net geweldig baie frustrasie en seer spaar nie, maar God se beste in ons lewens beleef. Hierdie sewe oordenkings kom uit 5 MINUTE SAAM MET GOD deur Benescke Janse van Rensburg.

Vas – ’N Gids Vir Beginners
7 dae
Die gebruik om te vas, kom baie algemeen in die Skrif voor. Ons sien deurlopend in die Bybel dat dié beginsel deur konings, profete en al God se mense beoefen is. Wanneer jy vas, sal jy sien dat saam met jou honger, jou nederigheid en heiligheid toeneem namate jy meer aan die beeld van Christus gelyk word.

Die Gewoonte van Dankbaarheid
7 Dae
Hierdie 7-dag leesplan skets eenvoudige gewoontes wat jou tot 'n lewe van dankbaarheid kan lei. Of dit nou is om ons tonge te oefen om dankie te sê, of om daaglikse gewoontes van groter dankbaarheid aan te leer — hierdie leesplan sal jou bewustheid van die welwillendheid om jou 'n hupstoot gee en jou help om 'n lewe van dankbaarheid te lei.