Gratis leesplanne en oordenkings oor ROMEINE 12:2

Beweeg Verby Die Raaiwerk: Leer God se Wil Ken
3 Dae
Baie Christene probeer God se wil vir hulle lewe raai, maar dit hoef nie so te wees nie. Hierdie 3-dag-leesplan leer jou hoe om die “skoot in die donker” uit jou besluitneming te verwyder. Jy sal leer om jou lewe aan God te onderwerp, sy stem te herken, sy Woord as jou finale gesag te aanvaar, en voorsienende omstandighede en innerlike leiding van die Heilige Gees te volg. Hierdie leesplan help jou om vol vertroue en helderheid te beweeg in alles wat God vir jou voorberei het.

Wie jy is
4 dae
Dit is so maklik om onsself te verloor. Ons sien perfekte modelle in tydskrifte, het ‘n konstante stryd met die skaal en moet saamleef met die verwagtings wat almal (en onsself) aan ons stel. Dit word dan soms die dinge wat ons definieer. Wie is ek werklik? Aan watter standaarde moet ek myself meet? Wat sê God oor my? Kom ons soek weer jou eie, unieke sprankel! Deur Halrika Breytenbach.

Is ek sout en lig soos die Woord van my vra?
4 Dae
Jesus beskryf die identiteit en roeping van sy volgelinge in die bergprediking (Matteus 5:13-16). Hierdie verse beeld gelowiges uit as "sout van die aarde" en "lig vir die wêreld". Dit is metafore wat wys op invloed, teenwoordigheid en getrouheid in 'n wêreld wat geestelik donker en moreel vervalle is. Jesus maak dit duidelik dat sy dissipels nie net vir hulself leef nie. Hierdie vierdagleesplan sal jou help om die oorspronklike konteks van hierdie kort maar kragtige gedeelte beter te verstaan en ook hoe dit vandag nog op elke gelowige van toepassing is.

Ervaar God se Hernuwing
5 Dae
Om 'n nuwe skepping in Christus te wees beteken dat ons gedurig deur Hom vernuwe word. God vernuwe ons verstand, wil en liggaam. Hy vernuwe selfs ons doel. Gedurende hierdie 5-dag leesplan, sal jy dieper delf in wat God se Woord sê oor vernuwing. Jy sal elke dag 'n Bybelleestuk en 'n kort geestelike stukkie kry wat jou sal help om te reflekteer op die verskillende maniere waarop ons God se vernuwing kan ervaar.

Leef Jou Roeping Deur Jean Keys
5 Dae
Hierdie 5-dag-leesplan sal lesers aanmoedig om hul roeping te vind, hul diepste passie te ontwikkel en hul droom uit te leef. Elke dag bevat gedagtes rondom ’n spesifieke tema (soos om jou talente en vaardighede te ontdek, jou passie te herstel en jou droom na te streef) en eindig met ’n Bybelvers. Die inhoud vir hierdie leesplan is gebaseer op Jean Keys se “Leef jou roeping”.

Vind Bevryding van Spanning
5 Dae
Spanning is 'n werklikheid, maar dit hoef nie jou lewe te beheer nie. Deur Christus kan ons dit hervorm, herfokus en herdefinieer. As jy met spanning sukkel, kyk na hierdie 5-dag leesplan en vind uit hoe om vryheid en vrede te verkry.

Maak Tyd Om Te Rus
5 dae
Werkverslawing en om gedurig besig te wees, word dikwels in ons wêreld aangeprys, wat rus dan 'n uitdaging maak. Om ons rolle en planne effektief uit te voer, moet ons rus of ons sal niks oorhê om geliefdes te ondersteun en doelwitte te bereik nie. Oor die volgende vyf dae gaan ons leer om te rus en hoe om dit op ons lewens toe te pas.

Dinge wat saak maak
5 Dae
Jy is geskep om groot dinge te bereik! Jy is in wese, in jou persoonlikheid, jou vermoëns en jou verhoudings uniek. Daar is niemand soos jy op die aarde wat jou lewe kan leef en die goeie kan bereik nie. Jy moet dus nie jou lewe verkwis nie. Doen dinge wat saak maak!

Hemel in Elke Huis
5 Dae
In hierdie inspirerende vyfdagleesplan roep Vian Storm mans op om die verantwoordelikheid van vaderskap aan te gryp. Ontdek jou rol in die voorbereiding van die volgende generasie om Jesus te ontmoet en wat dit beteken om siklusse van vrees met liefde te breek. Leer hoe om deur jou voorbeeld te lei, jou kinders se identiteit te vestig, hulle potensiaal te ontsluit en deel te wees van die droom om die hemel tuis te bring in elke huis op aarde.

Verbreek die Houvas van Depressie
6 dae
Selfdood is besig om 'n epidemie te word. Ons almal was al mismoedig, selfs depressief. Beteken dit ons ly aan depressie of loop die risiko om selfdood te pleeg? Jy het waarskynlik soortgelyke vrae oor depressie. In hierdie leesplan verduidelik dr. Karl Benzio, 'n Christenpsigiater, aan die hand van sielkunde, hoe God ons denke ontwerp het en sit dit uiteen vanuit 'n Bybelse perspektief. Hy ondersoek oorsake, simptome, en veral maniere om die houvas van depressie te verbreek en toegang tot God se vrede en vreugde te verkry.