Gratis leesplanne en oordenkings oor ROMEINE 15:13

Hoe om Jou Lewe te Geniet
3 dae
Dis nie maklik om ‘n diep, lewegewende vreugde in 'n wêreld vol uitspattige, maar uiteindelik oppervlakkige plesier, te vind nie. Nou-ja, hoe kom jy weg van die spanning en afleiding en beleef God se ewige vreugde? Hierdie kragtige nuwe reeks van die skrywer Berni Dymet, wys hoe jy die diep bevrediging wat ‘n verhouding met God vir jou inhou, kan ervaar - en jou lewe waarlik kan geniet.

Ongelyk Gejuk
4 dae
Hoe leef ek saam met 'n huweliksmaat wat nie in God glo nie? Deesdae is dit nie 'n ongewone vraag nie, en paartjies wat met hierdie situasie te kampe het, kom baie probleme teë. Sonder 'n gedeelde fondament van geloof in Christus, is die huwelik ongebalanseerd. In hierdie leesplan kry jy hulp by Dr. Kim Kimberling oor wat jy kan doen indien jy in jou huwelik in 'n ongelyke juk trek.

Hoop in die Teenwoordigheid van God
5 dae
Die hartklop van hierdie oordenkings is om jou elke dag daaraan te herinner dat God oral en altyd tot in die fynste besonderhede betrokke is by elkeen van sy kinders. Dit sal jou bemoedig om nooit aan sy nabyheid en hoop te twyfel nie. Hierdie leesplan is saamgestel uit IN DIE TEENWOORDIGHEID VAN GOD deur Izak de Villiers.

Sewe Maniere om Jou Denke te Vernuwe
7 Dae
In Romeine 12:2 sê die apostel Paulus dat ons verander word deur die vernuwing van ons denke. Baie van ons dink dat sodra ons lewens verander, ons denke vernuwe sal word. Dis egter andersom. Toe ons gebore is, het die meeste van ons kop eerste die wêreld binnegekom. Wanneer jou denke vernuwing ondergaan, sal jou lewe verander. Onthou, waarheen jou denke jou lei, volg jou lewe.

Wees Veilig by God
7 dae
Hierdie leesplan wil jou vertel oor jou bestaan, wat jy doen en aan wie jy behoort sodat jy elke dag kan hoor hoe jou hemelse pa in jou oor fluister: “Goeie genade, jy is spesiaal!” Omdat God jou oorlaai met sy genade. Hierdie 7-dag groeiplan help jou om te kan sê: “Kom ons vier die regte dinge in die lewe.” Dit wil jou oortuig dat jy ín God veilig is.

Vreugde op die Reis: Vind Hoop Te Midde Van Beproewing
7 Dae
Ons sien of voel dit dalk nie altyd nie, maar God is altyd met ons ... selfs wanneer ons deur moeilike dinge gaan. In hierdie leesplan skryf "Finding Hope" koördineerder, Amy LaRue, uit die hart oor haar eie gesin se stryd met verslawing en hoe God se vreugde in hul donkerste tye deurgebreek het.

Hoop vir Vandag
10 dae
Ons almal kort soms ’n ekstra skoot hoop vir ’n harde dag, moeilike situasies of konstante uitdagings wat jou wil-wil onderkry. Hierdie 10 kort, verkwikkende oordenkings sal jou help om te onthou hoe kosbaar God se hoop is waaraan jy elke dag kan vashou. Hierdie leesplan is saamgestel uit HOOP VIR VANDAG deur Nina Smit.

Bemoediging Uit Die Woord
10 dae
Hierdie is `n samestelling van tien van "Alive to God" se dagstukkies wat in Afrikaans vertaal is. Dit is oorspronklik deur Pastoor Andrew Roebert geskryf. Elke dagstukkie bestaan uit `n Bybelvers, vier kort punte en `n gebed. Ons hoop dat elke dag se boodskap vir jou soos vars manna van die Here af sal wees.

Floreer: 'n 14-Dag Oordenking Vir Enkellopendes
14 Dae
Die lewe as 'n enkellopende Christen is goed. Ongeag wat mense dink, is dit nie 'n siekte om enkellopend te wees nie. Enkellopend is nie 'n plan B nie. Enkellopend is God se geskenk aan elke enkellopende Christen. In hierdie 14-dag leesplan, wat gebaseer is op die boek Thrive van Lina AbuJamra, word enkellopende Christene uitgedaag om te floreer in hulle lewens wat God hulle hier op aarde gegee het.
Hoop Vir ’n Nuwe Dag
14 dae
Ware hoop is om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe te beweeg. Dis om die skerp klippe onder jou voete te voel, maar dan te kies om saam met jou Vader aan te hou stap. Hierdie leesplan is saamgestel uit KRAG VIR ELKE DAG deur Milanie Vosloo en sal jou help om dapper voort te beur deur tye wanneer jy voel jou hoop kwyn.