Gratis leesplanne en oordenkings oor ROMEINE 5:4

'n Lewe van oorwinning
3 Dae
Oorwinning is iets wat binne in die mens posvat en wat 'n mens dan na buite uitleef. Daarom is oorwinning nie 'n plek wat jy bereik nie. Dit is 'n manier van leef ten spyte van jou omstandighede. Om 'n lewe van oorwinning te leef beteken dat jy enige vrese deur geloof in die oë kyk, dat jy getrou bly tydens beproewings en dat jy met hoop besiel is.

’n Hart vol Dankbaarheid
5 dae
Daar is soveel om voor dankbaar te wees, waarvoor ons God elke dag kan dank. Wanneer ons besef dat elke asemteug ’n geskenk uit sy hand is, sal ons hart gevul word met dankbaarheid. Hierdie 5-dag leesplan is geneem uit DIE BYBEL – MET GRASSROOTS-OORDENKINGS en GENADE IN OORVLOED deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Om Wat Verborge is te Genees
5 Dae
Ons veroordeel onsself dikwels vir pyn, hetsy uit die verlede of in die hede. Ons voel skuldig omdat ons dit nie vinniger oorkom het nie. Ons neem aan dat iemand anders dit beter sou hanteer. Solank as wat ons egter trauma ontken, sal dit die mag behou om ons seer te maak. Die waarheid is dat jy glad nie besig is om te misluk wat genesing aanbetref nie. Jy is reeds besig om genesing te vind. God is 'n God van herstel. Hierdie is maar net die begin.

Geanker in Hoop: Leesstukke uit die Nuwe Testament
5 Dae
Ons vestig dikwels ons hoop op dinge in die wêreld om ons – vir 'n bevordering, 'n beter verhouding, 'n hegter familie en genesing van siektes. Om egter net op aardse dinge te hoop, sal ons hoop beskaam word. Die Bybel sê dat ons verlies en teleurstellings op aarde sal beleef, maar God hou ons in sy ewige liefde vas. Jy sal met hierdie leesplan leer hoe God vir jou sorg en sien hoedat geestelike hoop jou met krag tydens die lewensstorme vul.

Staan dan vas
5 dae
In 1 Korintiërs 16:13 is vier kort, maar kragtige stellings wat 'n deurslaggewende rol in 'n standvastige geloofslewe speel, naamlik: Waak. Staan in die geloof. Wees manlik. Wees sterk. Jy kan nie gelyktydig onbeslis en effektief wees nie. Dit is moontlik om ten spyte van die eise van jou dag steeds vas te staan in die geloof.

Amen
6 dae
Hierdie Bybelstudie bied aan jou ’n baie unieke geleentheid om die passie wat Angus vir Jesus het self te ervaar. As jy luister en jou hart oopmaak, sal jy vind dit is aansteeklik. Wanneer ek ook al by Angus is, groei my vasberadenheid om op God te vertrou en my lewenspad met vrymoedige geloof in Hom te stap. - Pastor Allen Jackson

Mams het Vernuwing Nodig
7 Dae
Hou vas mams — daar is vreugde te vind onder al daardie vuil skottelgoed! Hierdie leesplan is 'n moederskap oorlewings-gids deur die gewilde webjoernaal skrywer, Lisa Pennington, uit haar nuwe boek "Mama Needs a Do-Over."

Op vlerke van geloof
7 dae
Deur ons geloof is ons kinders van God. Daarom maak dit nie saak wat elke dag oor ons pad kom nie – ons kan aan die Onsienlike Een vashou en in sy vrede rus en bemoediging vind. Hierdie 7-dag-plan is ’n samestelling van dagstukkies deur gewilde Suid-Afrikaanse skrywer Riekert Botha uit sy dagboek OP VLERKE VAN GELOOF.

Inspirasie-oomblikke
7 dae
Soms stuur die lewe situasies oor jou pad wat eintlik kosbare groeigeleenthede is ... jy moet net deur die regte bril daarna kyk. Dit is soms ’n alledaagse gebeurtenis, soos om in ’n ry te wag. Leer dit raaksien en gebruik! Lindie Strydom deel in hierdie 7-dag-plan die wysheid en inspirasie wat sy in die lewe leer. Dit sal jou aanspoor om die lewe te vier en Jesus ’n prioriteit te maak. Hierdie inspirerende oordenkings is geneem uit 101 INSPIRASIE-OOMBLIKKE.

Ontvang krag in die teenwoordigheid van God
7 dae
As jy elke dag God se teenwoordigheid sterk wil ervaar, moet jy meer tyd by sy voete deurbring. Dit is in sy teenwoordigheid dat ons herstel en bemagtig word om ons roeping te vervul en om die goeie stryd van geloof te veg. Hierdie oordenkings is geneem uit AARTAPPELGELOOF VIR ELKE DAG deur Angus Buchan © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Vreugde op die Reis: Vind Hoop Te Midde Van Beproewing
7 Dae
Ons sien of voel dit dalk nie altyd nie, maar God is altyd met ons ... selfs wanneer ons deur moeilike dinge gaan. In hierdie leesplan skryf "Finding Hope" koördineerder, Amy LaRue, uit die hart oor haar eie gesin se stryd met verslawing en hoe God se vreugde in hul donkerste tye deurgebreek het.

Oorkom Teleurstellings
7 Dae
Ons almal is bekend met teleurstelling. Gaan dit 'n vashouplek in ons lewe kry, of gaan ons kies om dit te oorwin? Hierdie 7-dag leesplan lei jou om met God se hulp deur jou teleurstellings te werk.

Op Jesus Se Hakke
8 dae
Om Jesus se volgelinge te wees in ’n stukkende wêreld is beslis nie kinderspeletjies nie. Maar dit is elke kind van God se roeping; daarom belowe Hy om elke stap van die pad saam met ons te wees wanneer ons onsself toewy aan Hom. In hierdie 8-dag-leesplan gesels Stephan Joubert en Johan Smith oor die uitdagings, verantwoordelikhede en vreugdes van mense wat op Jesus se hakke loop.

Intensionele Leierskap
9 dae
Hoe lei jy as volgeling van Jesus in die besigheidsarena op só 'n manier, dat alle belanghebbendes by jou leierskap baat vind? Dit sluit jou werknemers, kliënte en aandeelhouers in. Om dit te bereik moet jy as leier nege beginsels beoefen wat betrokkenheid sal dryf en volhoubare winsgewendheid sal laat groei. Hierdie beginsels is in die Bybel, en hulle help jou om met ʼn nuwe doelgerigtheid te lei.

Hoe beïnvloed geloof in God ons emosies?
9 Dae
Ons almal ervaar emosies, beide positief en negatief. Wanneer God se Gees in ons woon, transformeer en vernuwe Hy ons van binne af. Hoe beïnvloed dit ons emosies? Moet Christene emosies anders ervaar as nie-Christene?

10 Gebede vir donker dae
10 Dae
Depressie kan ’n mens eensaam en sonder hoop laat voel, asof daar niemand is wat jou hart verstaan nie. God verstaan wel en Hy is nooit te ver om die gebed van jou hart te hoor nie. Hierdie leesplan is ’n samestelling van 10 gebede om vir jou hoop te bied te midde van angs en depressie, deur kosbare tyd by jou hemelse Vader deur te bring.

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis
10 Dias
Die Bybel is duidelik hieroor: ons as mense is sondig en verdien om gestraf te word. Maar dit verduidelik ook dat God ons vergewe wanneer ons ons sondes bely en wegdraai daarvan. God stel ons ook in staat om onsself en ander te vergewe. Dit is baie bevrydend om te vergewe, en help ons om verhoudings te herstel. Hierdie leesplan bespreek 'n paar belangrike Bybelverse oor die gee en ontvang van vergifnis.

Vrug Van Die Gees
11 Dae
Die oomblik wanneer jy tot geloof in Jesus Christus kom, ontvang jy die Heilige Gees in jou hart. Hy verander jou van binne en laat jou in heiligheid groei. Hierdie leesplan bestudeer die vrug wat die Heilige Gees in die lewens van gelowiges dra, soos dit in Galasiërs 5:22-23 gelys word.

12 Groot Foute Wat Ouers Kan Vermy
12 Dae
Dr. Tim Elmore en Life.Church deel saam 12 groot foute wat ouers kan vermy. Ons wil almal die beste vir ons kinders hê, maar soms is dit ons eie goeie bedoelings wat hulle op die verkeerde pad stuur. Kom ons vind die regte koers en lei ons kinders om te floreer en toegewyde volgelinge van Christus te wees. Vir meer inhoud, kyk by finds.life.church

Geloof
12 Dae
Is om te sien, om te glo? Of is dit eerder dat ek glo omdat ek sien? Hierdie is vrae oor geloof. Hierdie leesplan bied 'n indiepte studie oor geloof—van die Ou Testamentiese stories van werklike mense wat groot geloof getoon het in onmoontlike omstandighede, tot by die leringe van Jesus oor geloof. Deur hierdie plan te volg sal jy aangemoedig word om in 'n dieper verhouding met God te tree en 'n meer toegewyde volgeling van Jesus te word.

Stiltetye met God
14 dae
Die beste tyd wat jy elke dag kan spandeer, is sonder twyfel, tyd saam met God. Dit maak nie saak hoe besig of gejaagd jou skedule is nie, wanneer jy rustig raak en tyd saam met God spandeer, sal jy verbaas wees oor die verskil wat dit sal maak.

Hoop Op God!
15 Dae
Vir baie mense is "hoop" iets positiefs maar ook iets onseker. As ons op iets hoop, is ons nie seker of dit gaan gebeur nie. Die Bybel leer ons egter dat daar 'n bron van hoop is wat absoluut seker en betroubaar is: God se karakter en beloftes. Hierdie leesplan gaan oor hoop vanuit 'n Bybelse perspektief.

Hoe om swaarkry en lyding te hanteer
18 Dae
Die apostel Paulus sê vir sy lesers: “Ons moet deur baie ontberings heen in die koninkryk van God ingaan” (Handelinge 14:22). Deur die boek Handelinge te lees of getuienisse van Christene regoor die wêreld te hoor, besef ons dat hierdie woorde waar is. Gelowiges staar teenstand en vervolging in die gesig. Miskien ervaar jy self beproewing. In hierdie leesplan wil ons jou bemoedig en jou leer hoe om beproewing te hanteer.

121 Advent
24 Dae
Die geboorte van Jesus, sy advent (koms), is God se uiteindelike plan vir ons verlossing. In Christus sien ons die volle prentjie van God se hoop, vrede, vreugde en liefde. Die Woord van God is die waarheid waardeur ons Hom ken en daagliks met Hom wandel. Dit is ons hoop dat hierdie leesplan jou sal bemoedig om persoonlike tyd in die Woord deur te bring en dat dit 'n bron sal wees vir gesinne met kinders om dit saam te lees.

Delf dieper deur Romeine
25 Dae
Delf dieper deur Paulus se meesterlike uiteensetting van die evangelie in Romeine. Elke dag bied opeenvolgende gedeeltes uit Romeine met insiggewende kommentaar op die kernwaarhede van redding deur geloof, die vreugde van 'n regte verhouding met God, en die krag van die Heilige Gees. Dit lei jou om die praktiese implikasies van jou geloof te ontdek, die beloftes van God te omhels, en jou lewe in Sy diens te stel. Of jy vir die eerste keer Romeine lees of jou bestaande kennis wil verdiep, hierdie plan sal jou inspireer en lei na 'n vars verhouding met die Here Jesus Christus.